Besoekers kan uitsien na ’n oester- en vonkelwyn-kroeg, optredes van verskeie plaaslike kunstenaars en verskeie aktiwiteite vir die jongspan. So ook gaan Kaapstad se beste kostrokke, soos The Nob, Taco Kombi en Mon Ami, by dié fees te sien wees.
Toegang beloop R90 per volwassene (insluitend agt geskenkbewyse vir wynproeë, skemerkelkies, water en koeldranke) en R40 per kind (insluitend twee kaartjies vir kindervermaak en ’n vrugtesap).
Kaartjies kan aanlyn by Webtickets gekoop word.