Duitse bierpotjie
Genoeg vir 6
Koop ’n lekker, ingevoerde biertjie soos ’n Weissbier of Leffe se bruinbier vir hierdie potjie.
Bestanddele
- 45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
- 2-3 Duitse worsies, in 8 cm-stukke gesny
- 30 ml (2 e) anyssaad
- 125 ml (½ k) koekmeel
- sout en gemaalde swartpeper
- 1,5 kg kortrib, in blokke gesny
- 2 uie, gekap
- 2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 250 ml (1 k) aftreksel
- 375 ml (1 blikkie) Duitse bier
- 2 hande vol baba-aartappels
- 2 appels, klokhuise verwyder en in kwarte gesny
- 1 klein kopkool, in repies gesny
- hand vol salieblare, gekap
Metode
1 Verhit die helfte van die olie in die potjie en braai die worsies tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
2 Meng die helfte van die anyssaad deur die meel. Geur na smaak en rol die vleis in die meel, verhit die res van die olie en verbruin.
3 Voeg die uie, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak.
4 Voeg die res van die anyssaad, aftreksel en bier by. Bedek en prut vir sowat 2 uur tot die vleis sag is.
5 Pak die aartappels, appels, kool, salieblare en worsies laag vir laag bo-op. Bedek en prut vir nog ’n uur of tot gaar.
Lees nog: Beesvleisfrikkadel