kategorieë: Ontspanning

Duisende kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ Johannesburg verkoop binne enkele minute uit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kaartjies vir Liefde by die Dam in Johannesburg het binne enkele minute vanoggend uitverkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en ook een van die hooforganiseerders van die Liefde-konsertreeks sê: “Ons is dankbaar vir die goeie afskop! Joburg is ons mothership-konsert en altyd next level. Daar is iets aan hierdie vertoning wat net elke jaar ons almal se verwagtinge bly oortref. Ons werk met die nuutste verhoog-tegnologie om wêreldklas-konserte aan te bied en daar is ook heelwat verrassings by elkeen. Ons raai almal in Kaapstad en Windhoek aan om te spring om kaartjies te kry voor dit te laat is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Heuwels Fantasties

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié gewilde konsert-reeks is bekend vir groot skares voor groot verhoë met `n reeks kunstenaars wat die top-klas Afrikaanse pop en alternatiewe klanke van die Suid-Afrikaanse musiek-landskap verteenwoordig.

Daniël Marais van treffer-groep Die Piesangskille, wat vir die eerste keer vanjaar by die konserte in al drie die stede gaan optree, vertel dat hy so paar jaar gelede as jong musiekliefhebber by twee Liefde-vertonings was. “Elke keer as ek by die huis kom vertel ek my vriende: Dit was INSANE! So dit is rerig vir ons `n baie groot voorreg om hierdie keer op die verhoog te wees. Ons kan nie wag om die liefde met almal nou vanaf die verhoog te deel nie.”

Die Piesangskille

Liefde by die Dam is een van die awesomeste konserte waarvan ek nog ooit deel was,” sê Robbie Wessels. Dit het ‘n great vibe, so baie energie en gees. Met my vertoning gaan ek net probeer om almal lekker te laat kuier met al my groot treffers soos Leeuloop, Asseblief my lief, Skinnidip en meer.”

Robbie Wessels

Early B tree ook vanjaar weer by al drie Liefde-konserte op. “Liefde by die Dam en Nam is vir my sover elke jaar van die grootste geleenthede om my liefde vir musiek te deel met skares van duisende mense. Dis amazing!”

Early B

Appel beaam tong in die kies, “Vanaf Liefde by die Dam tot Liefde by die Nam, is daar maar niks noravlok wat dit kan vervang!”

  • Emmarentia Dam – Saterdag 3 Augustus.
  • Vegkop, Windhoek – Saterdag 21 September.
  • Meerendal, Durbanville – Saterdag 2 November.

Koop kaartjies by Ticketmaster of gaan na http://www.liefdebydiedam.co.za

Algemeen: R299

VIP: R2999 – (vinnige ingang, toegang tot VIP area en sitplekke met area se eie kroeg en toilette.)

Geen VIP kaartjiepryse vir kinders, slegs een prys per persoon vir VIP.

Kinders 4 tot 12jaar – R200.

Kinders onder 4 gratis toegang.

Johannesburg:

Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B, Robbie Wessels, Eloff, Appel, Elandre, Demi Leigh Moore, Droomsindroom, Bobby van Jaarsveld, Chris Plakkies, Bacchus Nel & Georgetown Brass Band, Biggy, Radio Raps en Justin Vega.

Windhoek:

Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B, Justin Vega, Robbie Wessels, Rikus Nel, Spoegwolf, Appel, Jack Parow, Riaan Benade, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Sagarias Tsam, Lin-Marie en Vaugn Ahrens.

Kaapstad:

Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Die Piesangskille, Early B, Robbie Wessels, Blackbyrd, Jack Parow, Snotkop, Rikus Nel, Loufi, Appel, Elandre, Riaan Benade, Droomsindroom en Justin Vega. Met Schalk Bezuidenhout as seremoniemeester.

Liefde by die Dam’ bedank die volgende media en borge: kykNET, Jacarandafm, Bok Radio, Kosmos 94.1, Flying Fish, Olof Bergh, lift, SA`s most flexible airline, Naked Insure, We Buy Cars, Ticketmaster.

Lees ook: Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

18 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

22 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

40 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.