kategorieë: ReisOntspanning

Duinewêreld: die Kgalagadi Lodge

Indien jy ooit aan daardie kant van die wêreld kom, is die Kgalagadi Lodge ’n moet! Die oorkoepelende idee en die manier wat die plek gebou is en bestuur word, is net briljant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Akkommodasie

Die lodge spog met 32 chalets en ’n 4-ster kampterrein met 19 kampplekke. ’n Swembad gee afkoelkans in die hittige somerdae, en in die winter is die vuurput aan die gang. Die kampplekke het hul eie opwasplek en ablusiegeriewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dekor

Denise Koortzen, wat die lodge saam met haar man SJ gestig en ontwikkel het, is lief vir binnenshuise versiering en het al die huisies self versier. “Elke keer wat ek ’n chalet kan oordoen, voel ek soos ’n kind wat ’n geskenk op Kersdag oopmaak. Ek het deur die jare baie gegroei en weet nou al min of meer wat werk, en wat nie. Ek is nou weer besig om met afvalmateriaal, hout, teëls, ensovoorts te speel om dekor vir die chalets te maak. Wanneer SJ iets wil weggooi, sien ek baie keer die potensiaal raak en omskep dit in iets moois.”

Die restaurant

Ons is nie net met peuselhappies, wyn en yskoue bier in ons huisie bederf nie, maar ook met aandete. SJ en Denise is baie lief vir kos maak en bestuur self die kombuis. Die lekkerste hamburger wat ons al ooit geproe het, is deur SJ gemaak. As ’n jong seun het hy tyd by sy grootouers se lodge deurgebring en dis waar hy sy liefde vir kos en gasvryheid ontwikkel het. Sy ouma het die lekkerste kos gemaak, met ’n huis vol mense, en hom laat besef kos is die hart van die huis.

SJ het sy eie resepte ontwikkel en tydens die verskillende seisoene is dit vir hom ’n passie om verskillende plaaslike kosse te maak – byvoorbeeld wildsvleis in die winter en Hentiesbaai se vars vis in die somer. Tussen April en Mei word daar die tradisionele !Naba geregte bedien, soos Brandewyn Flambé Springbokfillet met ’n !Naba sous.

Die winkel

Die Kgalagadi Lodge het ons met ’n winkel met ’n Deli verras. Daar word vars vrugte, groente en brood verkoop. Die res van die winkel is toegerus met kruideniersware sowel as handgemaakte geskenkies om jou tyd daar te kan onthou.

Aktiwiteite by die lodge

  • Eg Suid-Afrikaanse geregte word in die restaurant bedien
  • Piekniekmandjies is beskikbaar om op die rooi sandduine te geniet
  • Jy kan voëls kyk
  • Kinders word deur al die plaasdiere vermaak: emo’s, skape, bokke en duikers
  • Wandelpaadjies by die lodge bied jou die kans om diere, insekte, spore en Kalahari-plantspesies te verken
  • Daar is pragtige fotogeleenthede

Aktiwiteite in die omgewing

  • Wildritte deur die bekende Kgalagadi Oorgrenspark (slegs 5 km van die lodge). Let wel – alle wildsritte moet vooraf bespreek en bevestig word by SanParke: 054 561 2000/2058
  • Besoeke aan die tradisionele Khoisan-dorpie in die gebied en opvoedkundinge wandelinge wat deur die Khoisan aangebied word
  • 4 x 4 roetes
  • Sand boarding / Duinplankry
  • Opvoedkundige wandelinge saam met prof. Ann Rasa

Denise en SJ vertel

“Ons is geleë in ’n omgewing waar werksgeleenthede beperk is. Sowat 3 km suid van ons is daar ’n klein dorpie genaamd Welkom. Die meerderheid werknemers woon daar. Die Kgalagadi Lodge het slegs verlede jaar sowat R 1500 000 aan lone en salarisse spandeer, wat ’n direkte invloed op die lewensomstandighede van die gemeenskap het. Ons is baie betrokke; ons help waar ons kan, ons maak skenkings en verskaf borge aan die gemeenskap, die skooltjie en die plaaslike rugbyspan, die Kwaggas, en verryk die gemeenskap in deur werksopleiding.”

Kontakbesonderhede

SJ en Denise Koortzen, 082 303 8768 | 083 225 0331, info@kgalagadi-lodge.co.za | accounts@kgalagadi-lodge.co.za | denise@kgalagadi-lodge.co.za

GPS: 26⁰ 31⁰ 28.0⁰ S | 20⁰ 36⁰ 15.1⁰ E

Besoek www.kgalagadi-lodge.co.za vir meer inligting of om ‘n bespreking te maak.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

4 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

4 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

5 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

5 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.