Dui jou bloukolle op bloedstollingsprobleme? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/DmitriMaruta
Vol bloukolle? Dui jou bloukolle op bloedstollingsprobleme?
As selfs net ’n ligte stampie jou ’n blou kol gee, kan jy gerus oplet of jy ook met die volgende sukkel:
- Jy menstrueer baie swaar
- Jou neus bloei maklik
- Jy en jou tandarts weet al dat as hy werk, bloei jy baie maklik – met ’n behoorlike bloedbad wanneer hy ’n tand trek
- Klein wondjies by jou bloei sommer erg en lank
Almal is tekens van bloedstollingsprobleme, wat veroorsaak kan word deur doodgewone foute soos om te veel aspirien te gebruik. As jy weer dokter toe gaan, gesels daaroor.
Lees ook: