Hoe gebeur dit? Met die terugry tob ek. Iewers het die wêreld ons stomp gemaak vir mekaar. Mens huil nie. Veral nie oor ‘n lessenaar nie, glad nie voor jou baas nie. As jou baas ‘n man is en jy wil huil, doen dit waar hy jou nie kan sien nie. Jy gee nie ‘n kollega of ‘n vriend of vriendin sommer-net ‘n drukkie as dit nodig is nie. Pasop vir teistering. Netnou, netnou . . .
Feit bly: sonder daardie dokter se drukkie weet ek nie hoe ek op dié Donderdagmiddag my kar sou haal nie. Het ek dalk nie gesien dat dit wat ek nou moet deur nie so erg is nie.
‘n Jaar gelede het ek, nog altyd aan die lomperige kant, grasieus tot aan die onderpunt van ‘n Franse trap getuimel. Later die jaar was daar ses weke se hel op krukke. Die ergste? Jouself ophys in die bad, ‘n paar van verlede seisoen se jeans probeer aantrek, jou waardigheid behou terwyl jy op jou boude by die trappe van ‘n klein vliegtuigie aarde toe hop. Het jy geweet op krukke kan jy nie jou eie koffie dra nie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Na maande is die voet nog nie beter nie. Radeloos bel ek ons pediater, een van die min dokters vir wie ek eindelose respek het. Hy bel altyd terug, antwoord elke sms – al is dit in die nag. Dié slag weer, al is my grootmensvoet ver verwyder van sy kindertaak. Ek kry ‘n afspraak by die gawe ortopeut.
Dis diens. Soos die drukkie.
Met inligting vryelik beskikbaar is daar min goed in hierdie wêreld wat een verskaffer of maatskappy onderskei van ‘n ander. Diens? Dis ‘n ander saak.
Die oproep kom laatmiddag. “Ons het ‘n dringende vergadering by ‘n ander kliënt. Weet nie of ons al die pad tot by jou sal kan ry nie. Kan ons ons vergadering na ‘n ander dag skuif?” Ek dink: sekerlik is die vergadering met my net so belangrik soos die vergadering met hulle? Ons het tog maande terug dié afspraak gemaak? “Weet jy,” hoor ek myself. “Moenie moeite doen nie. Ons hoef mekaar nie weer te sien nie.”
Die verhouding is verby.
Ek stuur ‘n epos. Binne ‘n oogwink kry ek ‘n antwoord van die een geadresseerde. Die ander antwoord drie dae later. Ek praat nie weer met die laatslaper nie. Die vinnigste een het al my aandag.
Tuis krap ek in die kas, op soek na ‘n boek oor tafeldek vir ‘n skooltaak. Tussen Blignault, Branson en Brontë kry ek ‘n flenter vergeelde papier. ‘n Vergete boekmerk, vermoed ek. Leo Buscaglia. Ek herken dit dadelik. Kleintyd het Pappa met groot bewondering dié motiveringspreker se wyshede met ons gedeel. “Everybody needs a hug. It changes your metabolism.”
Die Engelse ortopeut kyk my verskonend aan. “Ek haat dit as mense hier uitloop omdat ek agter is met my afsprake.” Hande in die hare, oë vol berou. “Ek haat dit,” sê hy weer, maak seker ek hoor. “Ek het haar teleur gestel.” Mooi, sy Afrikaans. Iemand het lank genoeg gewag en geloop.
Ek wil agterna hardloop, haar keer. “Die ortopeut is jammer. Kom gou, hy sal jou ‘n drukkie gee.”
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.