kategorieë: Blogs

Droom groot

As jou droom jou nie bang maak nie, mik jy nie hoog genoeg nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Of so iets. Dis een van die kwotasies op daai fiksheidswebwerwe wat verkondig dat pyn swakheid is wat jou liggaam verlaat en dat niemand nog in sweet verdrink het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Almal hoogs aanvegbare stellings, dink ek toe ek verlede Saterdag 5h45 by ‘n vulstasie in Krugersdorp staan en wag vir die groepie fietsryers waarmee ek ‘n bergfietsroete gaan doen. My gawe kamermaat vir die TransCape MTB-toer (oudkollega Teresa Coetzee) het ruimhartig genooi dat ek saam met haar fietrygroep moet kom oefen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“So tussen 60-70 km en dis nie vreeslik tegnies nie.” “En ons wag as iemand agter raak”, het sy vrolik bygevoeg.

Siende dat die meeste roetes op die TransCape heelwat langer as 100 km per dag is, is dit tyd dat ek die uitdaging grond toe stoei. Gelukkig is ek redelik fiks na ek die vakansie byna elke dag fiets gery het en al heelwat vaardiger danksy die lesse wat ek twee keer per week by Nicolle van der Greft by die PWC Bike Park kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis toe die manne onder mekaar begin uitvra hoe dit met die Epic-oefenprogram gaan, dat ek voel hoe die swakheid my oorval eerder as verlaat.

Dis ook ongeveer tóé dat ek opmerk dat heelwat van my nuwe maats Epic plakkers op hul fietse het.

Die roete was genadig nie vreeslik tegnies nie, maar dit was helaas ook nie vreeslik stadig nie. Duidelik was my vakansieprogram nie dieselfde as die Epic-program nie.

Dit was hoofsaaklik uit vrees dat ek bygebly het. Ek het baie vining besef dat daar geen kans is dat ek ooit weer my pad na die vulstasie sou terugvind as ek agtergelaat word nie. En hoewel ek ‘n selfoon byderhand gehad het, weet ek nie hoe verduidelik mens langs watter trop skape of spannetjie koeie jy staan en wag op die soekgeselskap nie.

Iemand het agterna gevra of ek die rinkhals gesien het. Genade nee! Teen die spoed wat ons gery het, was dit byna onmoontlik om fyn detail te registreer. Ek sou nie ‘n olifant herken as ek een sou teëkom nie.

Maar ek het bygebly en klaargemaak. En dit baie geniet. Nou moet ek net dubbel die afstand per dag kan doen- elke dag vir sewe opeenvolgende dae – en ek’s reg vir die TransCape.

Deel
Gepubliseer deur
Anet Schoeman

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

6 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

6 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

8 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

10 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.