Rooiwarm wenke
- Dink prakties en esteties wanneer jy jou badkamer beplan. Hou jou beskikbare spasie in gedagte sowel as wie die badkamer gaan gebruik.
- Afhangende van jou begroting, kan jy ondervloerse verhitting oorweeg. So ook verhitte handdoekrelings. Dit maak badtyd soveel lekkerder.
- Maak seker van jou beskikbare waterdruk voor jy stortkoppe kies.
- Indien jou badkamer klein is, kies liefs ingeboude stoorspasie.
- ’n Geteëlde badkamer is die beste opsie vir higiëne sowel as onderhoud. Hou die teëls eenvoudig as jy beplan om weer eendag jou huis te verkoop. Kies ook groter teëls om die hoeveelheid teëlvuller te beperk. Dit is gewoonlik hier waar kalkaanpaksel sy kop uitsteek.
- Belê gerus in ’n suigwaaier om ventilasie te verbeter en meeldou te verhoed.
- Indien jy op sagte beligting besluit, maak net seker dat jy genoeg eenhede installeer sodat die badkamer goed genoeg belig is.