Drankies, van ‘n elegante glas yskoue wit wyn tot lang glase asemrowende skemerkelkies en prettige koelers, is so deel van ons gesellige saamkuier met vriende dat ons ‘n lewe daarsonder ons nie kan indink nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gelukkig kan jy heerlik saamkuier en steeds verantwoordelik drink. Al wat jy moet doen is om jou drankies te tel – baie maklik met die blitsgids wat ons vir jou opgestel het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dit is nie goeie maniere om glase kant en wal vol te maak nie. Etiket dikteer dat jy jou glas nooit oor die tweederde merk met wyn vul nie.
As jy die gasheer/vrou is, moet nooit jou gaste se glase opvul voor dit leeg is nie. Dit maak dit moeilik vir hulle om telling te hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hulle lyk so prettig, en proe soos koeldrank. Maar moenie ‘n fout maak nie: die meeste kombineer twee of selfs drie sopies van verskillende dranksoorte, en is eintlik sterk drank verdoesel in suikerstrope en vrugtesappe.
Long Island Ice Tea is alles behalwe tee. Dit bevat tipies jenewer, vodka, tequila, rum en triple sec – vyf sopies gemeng met suurlemoensap en suikerstroop om die alkohol te verbloem.
Dit is dus moeilik om uit te werk hoeveel alkohol in ‘n skemerkelkie is. Ernst Ferreira wat as student as kroegman sakgeld verdien het, het drie wenke wat dit ten minste makliker maak:
“Die spyskaart wys gewoonlik wat ons insit. Tel hoeveel soorte alkohol jy sien. Bly by die soorte met net een soort drank.
“Kyk ook na die prys. Die drank waarmee ons skemerkelkies maak is duur. Daarom is daar minder alkohol in die goedkoper items … maar ook nie altyd nie.
“Daar is altyd ‘n paar ‘mocktails‘ op die spyskaart. En as daar nie is nie, kan die meeste kroegmanne maklik ‘n skemerkelkie vir jou aanmekaar slaan. Jy moet maar net vra.”
Die beste wat jy kan doen, is om verantwoordelik te drink: Hou by een alkoholiese skemerkelkie en dan die res van die tyd op droë (alkoholvrye) drankies te kuier. Of kry van die begin af iets alkoholvry – waarvan daar deesdae heerlike soorte is, soos alkoholvrye sjampanje, biere en selfs alkohol-vrye gin-and-tonic, soos Duchess.
Lekker wenk
Hierdie skemerkelkies bevat gewoonlik net een alkoholiese sopie, met baie sap en stroop:
• Mojito
• Tequila Sunrise
• Daiquiri
Jy moet net twee dinge regkry om verantwoordelik te drink:
Een: In watter kategorie val hierdie drankie?
en
Twee: hoeveel daarvan tel as een drankie (of een sopie)?
Eintlik is dit doodmaklik om telling te hou. Hier is jou blitsgids vir drankies.
soos Brutal Fruit met 5% alkohol
Hoeveel daarvan tel as een drankie? 350 ml
Hoeveel is in een bottel? 350 ml
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Een botteltjie
En mans? Twee botteltjies
Ook handgmaakte bier (craft beer). Die alkohol-inhoud is gewoonlik 5-6%.
Hoeveel daarvan tel as een drankie? 350 ml
Hoeveel is in een bottel? Dit verskil. Daar is bottels van 330 ml, 340 ml, 440 ml, 500 ml en selfs 750 ml.
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Jy kan 350 ml drink. Jy moet dus die grootte van die botteltjie of glas in ag neem.
En mans? Mans kan 700 ml bier drink.
Soos Savannah Light. Tipies het hulle 2-3% alkohol
Hoeveel daarvan tel as een drankie? 700 ml
Hoeveel is in een bottel? Gewoonlik 350 ml, maar veral handgemaakte bier kan in ander volumes verpak wees.
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Twee botteltjies
En mans? Tot vier botteltjies
witwyn, rooiwyn, rosé of blooswyn
Hoeveel daarvan tel as een drankie? Wyne verskil ten opsigte van die hoeveelheid alkohol daarin, wat volgens wet op die etiket moet staan. In die reël het rooi wyn meer alkohol as wit wyn of rosé. Vir ‘n wyn met 12% alkohol is 90 ml een sopie, of 75 ml van ‘n wyn met 14% alkohol of 100 ml van ‘n wyn met 10% alkohol.
Hoeveel is in een bottel? Die antwoord is nie so eenvoudig nie. As jy kyk na alkohol-inhoud kyk behoort jy agt glase van ‘n wyn met 12% alkohol uit een bottel te skink, of tien glase van ‘n wyn met 14% alkohol en sewe glase van ‘n wyn met 10% alkohol.
Die glasgrootte tel ook. Die groter glase hou tot 340 ml elk, en twee vol geskinkte glase is dus gelyk aan ‘n bottel. Die kleiner glase hou rondom 240 ml, en as jy hulle vol skink is drie glase gelyk aan ‘n bottel. Maar wynglase is nie groot sodat jy baie moet skink nie. Die grootte is bedoel om die boeket te laat ontwikkel, sodat jy al die geure en smake meer kan geniet.
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Nooit ‘n vol glas nie! Skink die groter glase net eenderde vol, terwyl die kleiner glase halfvol geskink kan word. Hou by een drankie – die verskil is te klein om ‘n tweede een te regverdig.
En mans? Hou by twee drankies, gevul soos hierbo.
Vonkelwyn en Cap Classique, wat op die Franse manier gemaak word
Hoeveel daarvan tel as een drankie? Meestal 90-100 ml
Hoeveel is in een bottel? Sewe tot agt glase. Een sjampanjeglas hou 150-180 ml.
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Een drankie is een halfvol groot sjampanjeglas tot ‘n kleiner glas wat tweederdes vol is.
En mans? Twee sjampanjeglase, soos hierbo gevul.
Soos Amarula met 20% alkohol. ‘n Dom Pedro bevat ook meestal een sopie likeur.
Hoeveel daarvan tel as een drankie? 50 ml
Hoeveel is in een bottel? 30 drankies in ‘n bottel. ‘n Likeurglasie hou tipies 60ml drank.
Hoeveel kan vroue daarvan drink? ‘n Glasie is dus een drankie.
En mans? Twee glasies.
Altwee bevat rondom 20% alkohol
Hoeveel daarvan tel as een drankie? 50 ml
Hoeveel is in een bottel? 30 sopies in ‘n bottel. ‘n Sjerrieglas hou tipies 80ml.
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Een glasie, rondom tweederde vol
En mans? Twee glasies rondom tweederdes vol
Soos brandewyn, whiskey, tequila, vodka, jenewer (gin) en die drankies wat tipies in skemerkelkies gebruik word. Hulle bevat tipies 40% alkohol.
Hoeveel daarvan tel as een drankie? 25 ml
Hoeveel is in een bottel? 30 sopies. ‘n Sopieglasie (shot glass) hou tipies 25 ml
Hoeveel kan vroue daarvan drink? Een sopie vir vroue. Jy kan byvoorbeeld een sopie brandewyn voeg by soveel Coke as wat jy verkies.
En mans? Een dubbel sopie of twee enkel sopies.
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.