Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 400 g (4 k) Gnocchi pastaskulpies
- 250 g (1 pakkie) kersietamaties, middeldeur gesny
- 100 g (1 pakkie) wilde roketblare
- ½ rooi ui, in dun skywe gesny
- 30 ml (2 e) kappertjiesaad
- 250 g ricotta, meng ’n hand vol vars kruie, ruweg gekap, deur die ricotta (ons het tiemie en grasuitjies gebruik). Gebruik Truckles se ricotta, dit is die beste.
- 60 ml (4 e) klaarbereide vinaigrette of slaaisous.
Metode
- Kook die pasta vir 8-10 min of tot net sag in ’n kastrol kokende soutwater.
- Meng die tamaties, roket, uie en kappertjiesaad.
- Dreineer die pasta en spoel dit in koue water af tot afgekoel. Sprinkel olyfolie oor.
- Roer die pasta-en-tamatiemengsel goed deurmekaar.
- Breek die ricotta in stukkies en meng deur die slaai. Sit voor saam met die slaaisous.
Nog opdienwenke
- Die slaai kan warm of koud voorgesit word.
- Voeg basiliekruidblare vir ekstra geur by.
- Voeg sondroëtamaties of geroosterde soetrissies by.