Ons deel drie wenke wat jou (wenkbrou)-lewe sal verander!
1. Moenie jou ou maskara se borseltjie weggooi nie; was dit met warmwater en gebruik dit as ’n wenkbrou-borseltjie.
2. As jy nie wenkbroujel het nie, kan jy ’n klein bietjie haarsproei op jou wenkbrou-borseltjie spuit en dit deur jou wenkbroue kam om dit in plek te hou.
3. Jy hoef nie spesiaal wenkbroupoeier te koop nie; jy kan oogskadu gebruik wat effens donkerder as die kleur van jou wenkbroue is om jou wenkbroue mee in te vul. ’n Bruin kleur werk gewoonlik goed; maak net seker dit het nie blink deeltjies wat glinster nie.