kategorieë: GrimeringSkoonheid

Drie grimeerkunstenaars se gunsteling-sakpasprodukte

Grimeerkunstenaars se gunsteling-sakpasprodukte deur Justine Kroes en Suzanne Kotzé. Hooffoto: iStock/eternalcreative

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Marlinette Newman

Haar- en grimeerkunstenaar

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Op die oomblik is die SORBET Shimmer and Glow Shimmer Bronzer (R199,95) beslis ’n gunsteling – die produk is so veelsydig! Ek gebruik sommer al die skakerings saam as ’n verbronser wat die gesig ’n gesonde glans gee. Ek gebruik graag ook elk van die skakerings in die palet afsonderlik om verskillende ooggrimering-ontwerpe te skep. Die ligste skakering in die palet werk fantasties as ’n sagte goue verhelderaar op die lippe, wangbene en onder jou wenkbroulyn.
  2. BIODERMA se Hydrabio Serum (R299,95) het werklik my vel verander. Wanneer my vel effens gedehidreer voel, wend ek dadelik hiervan aan. Die serum is sag op my vel en is wonderbaarlik bevogtigend! Ek gebruik die serum ook op kliënte se gesigte as ’n voorbereiding vir grimering. ’n Gehidreerde vel is ’n gesonde vel! En dit verseker ’n foutlose aanwending en voorkoms.

Lees ook: Hoekom jy ’n eenvoudige velsorgroetine moet volg

Algria Ferreira

Grimeerkunstenaar

  1. Een van my gunsteling-winskopies vir my grimeertassie is Maybelline se Age Erase Concealer (R179,95). Nie net is dit sakpas in vergelyking met talle ander verbloemers nie, maar aanwending is ook wonderlik maklik. Dit het ’n klein sponsie aan die punt wat direk op die vel gebruik kan word. Verder is die produk selfs geskik vir jong tienermeisies wat nie onderlaag dra nie, maar wel ’n kolletjie of skadu het wat toegemaak moet word. Ek gebruik hierdie produk op enige ouderdomsgroep aangesien dit wonderlike bevogtigende elemente bevat. Ek is gewoonlik nooit sonder Nars Radiant Concealer in my grimeertas nie, maar deesdae ook nooit sonder Maybelline se Age Erase nie!
  2. Produk nommer twee is die Smudge Metallic Brown Eyeliner (R24,99) beskikbaar by Clicks. Die skakering is identies aan ’n duurder handelsmerk se oogpotlood – wat ook een van my gunsteling-produkte is. Hierdie Smudge-oogpotlood wend so maklik, eenvoudig en egalig aan. Ek gebruik dit op modelle en kliente se oë as ’n oogomlyner bo en onder die wimperlyn. Boonop gebruik ek dit ook as ’n oogskadu – trek ’n lyntjie en vee eenvoudig met ’n grimeerkwassie vir ’n smeulende effek. Beslis ’n moet hê vir enige vrou se grimeersakkie!

Lees ook: Ontleed jou vel met ons slim gids

Cheryl Parker

Haar- en grimeerkunstenaar by Supernova Creative Management

  1. My gunsteling-sakpasskoonheiditems is produkte wat ek amper elke dag op stel gebruik en ook gereeld moet vervang. My nommereen produk is beslis Nivea se Rich Nourishing Body Lotion (R38,99 vir 250 ml en R49,99 vir 400 ml). Die lyfroom bevat amandelolie en gee die vel ’n besonderse mooi glans wat hou en hou. Ek gebruik dit veral op modelle se arms en bene vir daardie gesonde glansende vel op kamera. Bonus: dit hou werklik die vel soepel, bevog en sag.
  2. Die Sorbet Gel Effect Nail Polish (R110) is my go-to-naellak vir myself en op die stel. Dit word blitsvinnig droog (‘n moet vir enige fotosessie), wend maklik aan, chip glad nie af nie en boonop is die skakerings pragtig. Die sagte pienke is veral my gunsteling!

Lees ook: Raad hoe jy ’n moderne grys haarstyl kan kry

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.