Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Vandag is daar is altesaam drie lodges daar, met Singita Boulders en Singita Castleton, wat later bygekom het.
Die stigter, Luke Bailes se visie het erfenis en bewaring as fondamente en vandag strek Singita se eiendomme tot ver in Afrika met lodges in Zimbabwe, Tanzanië en Rwanda. Besoeke aan enige van die bestemmings bied ongeëwenaarde wildkyk-ervarings met toegewyde gidse wat tydens die duur van jou besoek by gaste bly. Singita word internasionaal gereken as ekotoerisme en bewaringsreus.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Singita Kruger Nasionale Park is ook in September aangewys as nommer15 in die “The World’s 50 Best Hotels” en palm die Flor de Caña Eco Hotel Award 2023 in.
Dit was dus heel gepas om die jaar af te sluit met ’n herdenkingspartytjie om drie dekades – en al die hoogtepunte – te vier waarin Singita nie net ongelooflike lodges staangemaak het nie, maar deel geword het van die omliggende gemeenskappe, reuse bydraers in anti-stroop veldtogte geword het en baie opheffing en bemagtingsprojekte bestuur.
Dit was aan die voete van Tafelberg wat ’n klein groepie gaste kon vergader en oor vonkelwyn hul ervaringe kon deel van Singita se invloed op hul lewens.
Geen aand met die span van Singita sal volledig wees sonder ’n maaltyd nie. Andrew Nicholson, Singita se Groep Uitvoerende sjef, het disse gemaak wat gunstelinge by die verskillende lodges is, en iets oor elke dis vertel.
Daarna was dit die volgende geslag Bailes, Jo, wat as die Singita-groep se Hoof Uitvoerende Beampte werk, wat teruggekyk het op die afgelope 30 jaar en vertel het wat die toekoms vir die groep inhou.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.