kategorieë: ReisOntspanning

Drie dagtoere vir Namakwaland se blomme

Jy hoef nie hierdie jaar die magrietjies in Namakwaland mis te loop omdat jy te min tyd het nie. NC Famous bied drie roetes wat ’n dag-uitstappie van Kaapstad af verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Roete een: Van Rhynspas tot Niewoudtville

Letsatsi Lodge is slegs 300 km buite Kaapstad en is die perfekte keuse vir blommekyk in Namakwaland. Na ’n heerlike buffet-ontbyt in die Red Ox-restaurant kan jy ’n 50 km-roete neem oor die ontsagwekkende Van Rhynspas na Nieuwoudtville. Dié dorp, ook bekend as die “wêreld se blombol hoofstad,” word omring deur reservate en plase waar plate blomme middel-September gesien word. Die Hantam Botaniese Tuin het 1 350 plantspesies, terwyl die Kokerboomwoud bome bevat wat tot 400 jaar oud is. Besoek gerus die plaaslike toerismekantoor, geleë in die NG Kerksaal, vir aanwysings na die plase wat die beste blombesigtiging bied in die tyd wanneer jy in die area is. Die meeste paaie is toeganklik vir sedan-voertuie en sorg vir ’n onvergeetlike ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kontak die Niewoudtville-toerismekantoor by 027 218 1336 vir meer inligting en aanwysings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Roete twee: ’n wynroete langs die kus

Volg ’n 180 km-sirkelroete van Vanrhynsdorp na die kus en terug. Hierdie roete bied pragtige natuurtonele en ’n wynkelder. Neem die N7 na Klawer vanuit Vanrhynsdorp en stop by die Klawer Wynkelder. Volg daarna die pad na Vredendal, bekend vir sy blomme en wyn. Stop by Namaqua Wyne vir ’n wynproe. Ry dan na Lutzville Wyne en dan die groot afsluiting – Strandfontein en Doringbaai. Kry jou kamera reg, want hierdie kusdorpe spog middel-September met geweldige blommeprag. Stap net voor sononder langs die strande met die wit seesand en keer terug na Letsatsi Lodge. Hierdie roete gaan deur die pragtige Olifantsriviervallei, bekend vir sy wyn, vrugte en plaasgemeenskappe.

Roete drie: die area om Clanwilliam

’n Wonderlike blomme-ervaring wag op Clanwilliam wat 80 km buite Vanrhynsdorp op die N7 is. Ramskop Wildflower Reserve, net buite die dorp, is hierdie tyd van die jaar ’n visuele fees en bied ’n verskeidenheid inheemse blomspesies. Hier is verskillende staproetes wat jy kan neem na die Clanwilliam-damwal. Pak eetgoed en geniet die skoonheid van die berge, die dam, en die dorp self. Hiervandaan kan jy die 140 km-sirkelroete na Wupperthal en die Biedouw-vallei neem. Die blomme beloof om te bekoor. Wupperthal is op sigself ’n ervaring –  ’n klein gemeenskap in tyd verlore. Stap deur die strate en geniet iets om te eet by die plaaslike winkel, voordat jy oor die Pakhuispas ry. Hier sien jy die Biedouw-vallei in al sy glorie. As jy in rotskuns belangstel, bespreek ’n begeleide toer by die Clanwilliam Living Landscape-projek.

Spesiale aanbod

Jy kan 30% afslag kry op verblyf by enige van N.C. Famous se instansies op die aand voordat, of nadat, jy by enige van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke gebly het. Vir navrae kontak: Dean Skippers by dean@lumico.co.za | 021 422 1494, of Heidi van der Merwe by heidi@lumico.co.za | 021 422 1494.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

5 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

8 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

9 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.