Tsogo Sun spandeer op die oomblik R25 miljoen aan die opknapping van die Drakensberg Sun Resort. Al die hotel-areas spog ná 11 maande se werk met ’n ligter voorkoms. Die hotelkamers is toegerus met nuwe platskerm-TV’s, lessenaars en spieëltafels met granietoppervlaktes, dekstoele en ander luukse elemente, terwyl die badkamers van hoek tot kant herversier is. Die hoofswembad en kroeg het ook ’n verjongingskuur ondergaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Marmer, hout, katoen en fluweel is ingespan om van die Presidensiële Suite ’n pragstuk te maak.
Falconer Design het deurgaans die omgewing, waterbronne en elektriese energiebesparing in ag geneem.
Die 30 chalets en 32 woonstelle sal teen Mei 2014 gereed wees.
Lewer gerus kommentaar as jy by die Tsogo Sun inklok!
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.