Tsogo Sun spandeer op die oomblik R25 miljoen aan die opknapping van die Drakensberg Sun Resort. Al die hotel-areas spog ná 11 maande se werk met ’n ligter voorkoms. Die hotelkamers is toegerus met nuwe platskerm-TV’s, lessenaars en spieëltafels met granietoppervlaktes, dekstoele en ander luukse elemente, terwyl die badkamers van hoek tot kant herversier is. Die hoofswembad en kroeg het ook ’n verjongingskuur ondergaan.

Marmer, hout, katoen en fluweel is ingespan om van die Presidensiële Suite ’n pragstuk te maak.
Falconer Design het deurgaans die omgewing, waterbronne en elektriese energiebesparing in ag geneem.

Die 30 chalets en 32 woonstelle sal teen Mei 2014 gereed wees.
Lewer gerus kommentaar as jy by die Tsogo Sun inklok!
