Elkeen van ons kan ’n blou kledingstuk of bykomstigheid dra om te wys ons gee om.
Outisme word gekenmerk deur die aantasting van sosiale interaksie en kommunikasie en deur ingeperkte en herhalende gedrag. Hierdie tekens verskyn gewoonlik voor ’n kind se derde verjaardag. “Die goeie nuus is dat outisme behandelbaar is en dat herstel moontlik is,” sê Ilana Gerschlowitz, besturende direkteur van The Star Academy. Dié skool ontwerp programme vir die besondere behoeftes van enige kind op die Outismespektrum. The Star Academy werk in sekere Afrikalande en ook in Pretoria, Johannesburg en Durban.
Meer inligting by:
www.un.org/en/events/autismday
www.autismacademy.co.za/index.php/autism-education-and-training
www.autism.org.uk/about-autism/myths-facts-and-statistics/statistics-how-many-people-have-autism-spectrum-disorders.aspx