kategorieë: In die nuusJou lewe

Dra jy ook môre pienk?

Deur Bea Lingenfelder. Foto verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een uit elke 28 vroue word een of ander tyd in hul lewe met borskanker diagnoseer. Borskanker is ’n siekte wat behandel en oorkom kan word, maar as gevolg van ’n tekort aan opvoedeing en bewusmaking, word dit dikwels te laat gediagnoseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer?

Op 9 Februarie word korporatiewe entiteite, skole en besighede oor die algemeen aangemoedig om aan #PitchUpInPink-dag deel te neem. Die amptelike PinkDay sal op Saterdag, 10 Februarie, plaasvind wanneer die Proteas vir Indië tydens die Momentum One Day International-reeks (ook in hul pienk sportdrag) aanpak by die Bidvest Wanderes Stadion in Johannesburg. Gashere, Krieket Suid-Afrika, en ander betrokke maatskappye gaan alles in hul vermoë doen om die doelwit vir bewusmaking van borskanker te bereik en selfs meer geld as tevore aan borsversorgingseenhede te skenk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom?

Die Boskanker-eenheid van die Charlotte Maxeke Johannesburg Hospitaal is die nuwe geselekteerde begunstigde van hierdie ikoniese gebeurtenis. Die eenheid sien om na ongeveer 350 vroue net binne die distrik van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en omliggende areas wat per jaar met borskanker gediagnoseer word, hoewel gebiede van regoor Afrika ook by hierdie eenheid geakkomodeer word.

Die doel is om in ’n fasiliteit te belê en tot dienslewering by te dra asook die navorsing en opleiding wat gedoen moet word om die suksesvolle behandeling van borskanker deur vroeëre diagnose te bewerkstellig.

Bekendes spreek aan

Ons huidige Mej. Suid-Afrika, Adé van Heerden, wat selfs spesialiseer in die mediese beroep, het tydens die mediadag op 18 Januarie die realiteit van borskanker in die samelewing erken deur te verwys na die inpak wat dit op almal het – hetsy ’n familielid, kollega of vriend.

Die mode-ontwerper, David Tlale, het ook tydens die mediadag besondere ontwerpe met betrekking tot hierdie kwessie vertoon. Hy het tydens sy gesprek genoem dat sy ontwerpe as motivering moet dien wanneer Suid-Afrikaners op 9 en 10 Februarie pienk aantrek. Hy verduidelik dat ons moet uithaal en wys, pret hê en ’n positiewe atmosfeer skep, omdat dit immers vir ’n goeie doel is!

Hoe kan jy deelneem?

Sit jou pienkste voetjie voor en ondersteun PinkDay deur jou uitrusting op sosiale media te deel met die hutsmerke #PinkDay, #PinkODI en #PitchUpInPink.

Deur ’n kaartjie na Saterdag se krieketwedstryd te koop, word ’n gedeelte aan die betrokke behandeling- en versorgingseenhede geskenk. Ander maniere is via EFT, kredietkaart en Snap Scan by pinkday.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

6 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.