Donker, lig, vroulik of gewaagd. Die denim bly klassiek en kan hierdie somer (of enige ander seisoen), jou beste maat wees. Ons wys jou hoe:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Geen denim is té oud en opgedra om die trekpas te kry nie! Omskep jou denim in ’n kreatiewe uitrusting deur geborduurde blommotiewe vas te werk aan broekspype, heupsakke of romppanele. Jy kan ook “patches” of “badges” aan ’n denimbaadjie vaswerk. Dra dit saam met ’n wit t-hemp en swart broek.
#rooirosewenk: Hou die res van jou uitrusting eenvoudig as jy geborduurde denims dra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vir alledaagse dra is gemak en eenvoud van uiterste belang. ’n Moet-hê item is die hemprok. Hierdie rok kan met bonkige en kleurvolle juwele, ’n oorgroot handsak of bypassende hakskoene gedra word vir daardie nie-so-informele voorkoms.
’n Somerjas is een van jou beste kopies vir lente en somer. Hierdie jas is van ligte materiaal en nie gevoer nie. Dit is perfek vir someraande. Dit pas by alles! Jy kan dit bo-oor ’n rok, denims of kortbroek in enige kleur dra.
Keer terug na jou kinderdae en speel rond met prettige denim-skouerbroeke. Dra ’n skouerbroek bo-oor ’n eenvoudige wit t-hemp.
Hierdie somer gee ons die koue skouer vir materiaal wat té veel vel bedek en ons omhels die somerweer. Spog met daardie goue glans en dra ’n oop-skouer denimbloes met ’n midiromp of kortbroek vir ’n gemaklike, dog sensuele en vroulike voorkoms.
Op soek na ’n splinternuwe denim? Dan is WonderFit net vir jou! Waarna soek ’n vrou in jeans? Navorsing het bewys vroue kyk na ’n perfekte passtuk, gemak, verskeidenheid, styl en kwaliteit. Dus: jeans wat hulle perfek laat voel en lyk. Dít was die pilare tydens die ontwerp van Miladys se nuwe WonderFit-reeks. Lees meer hier
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Veranda en Thelmané Wentzel Dit is die breë…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.