kategorieë: TrendsMode

Dra helder kleure só

Dra helder kleure só deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verstaan helder kleure

Helder kleure beteken nie noodwendig neongeel of diskopienk nie. Ons verwys na die kleurskakerings wat jy in ’n kleurkryt-boksie sal kry, of wat in die reënboog voorkom. Die bekendste helder kleure is die primêre kleure: rooi, blou en geel. Hierdie kleure is ’n goeie basis waarop jy jou uitrustings kan bou. Die kleurwiel hieronder gee jou leiding oor watter kleure die beste bymekaar pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Irina Kuznetsova/istock images

Sekondêre kleure ontstaan wanneer twee primêre kleure gemeng word – verskillende skakerings hang af van die verhouding tussen die kleure wat gemeng word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Komplimentêre kleure is die skakerings wat regoor mekaar op die wiel voorkom. Dit is dikwels die kleure wat mekaar die beste aanvul en jou visuele uitbeelding gebalanseerd sal laat voorkom.

In die modewêreld word die reëls bietjie gebuig en ons meng en pas soos ons harte begeer. ’n Gunstelingvoorkoms is om twee primêre kleure saam te dra en dit juis nie met ’n minder opvallende ondertoon te neutraliseer nie. Kyk na ontwerpers soos Tom Ford wat met sy 2018-lentevertoning kleure soos fuschiapienk, sonneblomgeel en helderblou weer nuwe lewe gegee het.

Waag met oranje

Die meeste van ons trek ons wenkbroue op vir oranje, maar dis juis nou die tyd om met hierdie unieke kleur te waag. Identifiseer eers watter skakering die beste by jou veltoon pas; oranjerooi, nartjie en koraalkleur pas by die meeste veltone. Denim en skakerings van blou werk saam met oranje, maar sedert 2016 het die rooi-en-oranje-kombinasie in die mode-en skoonheidswêreld begin kop uitsteek en vandag is hierdie trend baie gewild. Dis helder, sterk, en dit skep ’n indrukwekkende voorkoms en gee dalk net daardie tikkie ekstra selfvertroue wat jy nodig het om jou dag aan te pak

Bloes van Trenery (R899) Woolworths

Midiromp (R1 199) H&M

Strooihoed (R1 100) Crystal Birch

Sandaal (R199,99) Mr. Price

Oorringe (R470) Pichulik

Een kleur van kop tot toon

Dra verskillende skakerings van een helder kleur. Dit is slim om ’n kleur te identifiseer wat die beste by jou veltoon pas. Byvoorbeeld, as kouer kleure (blou, pers, donkergroen) jou veltoon beter komplementeer, sal die kop-tot-toon-tegniek in skakerings van hierdie kleure beter aan jou vertoon. Solank jy dit net helder, energiek en prettig hou, is daar niks wat jou keer om voluit met hierdie krytkleure te speel nie.

Knopiesrok met knoopgordel van Trenery (vanaf R599) Woolworths

Hakskoen (R549) Madison

Handsakkie (R859) Zara

Oorringe (R176) Colette by Colette Hayman

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

44 mins Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

24 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.