Deur Bea Lingenfelder Hooffoto: Twitter: Follow @victoriabeckham
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit is duidelik dat Victoria presies weet waarvan sy hou en wat by haar pas – sy wissel soortgelyke style en stapelitems af om verskillende voorkomste te bereik. Haar modereekse bewys ook dat jy nie klassieke uitrustings moet ignoreer as dit by nuut-en-nou-modes kom nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Victoria se styl kan ’n mens as minimalisties-sjiek beskryf: Jy sien haar by talle geleenthede in slegs ’n vleiende rok en hakskoene, of ’n uitklokbroek, tekkies en ’n knopieshemp. Sy verkies effekleure bo patrone, maar is nie skrikkerig om met kleure en teksture te eksperimenteer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
’n Jas bly maar altyd ’n winter-moet-hê. Dit skep daardie perfekte afronding en is gepas vir formele of informele geleenthede. Victoria hou daarvan om haar baadjies en jasse net oor haar skouers te drapeer – dan voel jou winterlae nie so dik nie en dit span nie so styf om jou lyf nie. Dit laat jou boonop ook sommer vinnig en maklik soos ’n modevoorstaander lyk. Klassieke kleure soos swart, grys en kameel bly ’n gunsteling, maar hierdie winter is rooi en blou ook volop in die winkels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Victoria bieg dat sy dikwels nie tussen haar snyersbroek of denim kan kies as dit by ’n gunstelingstapelitem kom nie. Met die athleisure-styl wat ’n gemaklike-sjiek voorkoms bied, is werksdrag en sweetpakke ’n wen-wen kombinasie. Belê in ’n snyersbroek wat jy saam met ’n formele uitrusting, maar ook saam met tekkies en ’n sweetpaktop kan stileer. Dit skep dadelik ’n moeitelose tog moderne voorkoms sonder om slordig te lyk.
Wit, swart en kameel is seker van dié Beckham se gunstelingkleure. As jy ’n bont en kleurvolle uitrusting aan het, is ’n kameelkleurbloes perfek om al die kleure bymekaar te bind. As jy eerder ’n meer klassieke kleurpalet verkies, is kameelkleur ’n goeie keuse om verskeidenheid te gee. Met die uitrusting wat Victoria aan het kan jy gerus met verskillende kleure hemde speel – waag ook ’n patroonhemp vir ’n prettige afronding.
Die kenmerkende spykerhakskoen wat ’n punt by die tone vorm, is sinoniem met Victoria. ’n Gepunte toon laat jou voet fyner lyk en werk goed by uitklokbroeke of maksi-rompe sodat jy steeds ’n elegante element behou. Nie almal van ons kan egter soos sy oor die pad en deur winkelsentrums sweef met ’n paar spykerhakke nie – probeer ’n skoen in dieselfde styl, maar met ’n dikker hak.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.