Drie redes waarom ons Rosie Huntington-Whiteley se voorkoms goedkeur
1. Sy dra verskillinde lae
Daar is ’n rede waarom die laag-op-laag voorkoms groot nuus is tydens wintermaande: dit is ’n praktiese manier om aan te trek wanneer dit baie koud raak. So, moenie bang wees om te veel lae te dra nie.
2. Afgerond met ’n hoed
In die winter is jou eerste instink om ’n paar stewels of ’n klassieke jas te koop, maar gaan soek eerder vir die hoed van jou drome en belê daarin. Jy gaan in voel en modieus voorkom (om nie te praat van die feit dat dit die eerste ding is wat mense sal raaksien nie!) Kies een waarvan jy regtig hou.
3. Sonbrille in die winter, ja!
Die doel van sonbrille was oorspronklik ’n leefstylkeuse en nie ’n modekeuse nie. Mense het dit aanvanklik gedra om hul oë teen die somerson te beskerm, maar dit het lank terug reeds verander. Sonbrille is modieus, en word nou in die winter en somer gedra. Daar is so baie style om van te kies.
Dra die regte denim!
Waarna soek ’n vrou in jeans? Navorsing het bewys vroue kyk na ’n perfekte passtuk, gemak, verskeidenheid, styl en kwaliteit. Dus: jeans wat hulle perfek laat voel en lyk. Dít was die pilare tydens die ontwerp van Miladys se WonderFit-reeks. Jy kan ook perfek lyk in jou jeans, lees meer hier