Foto: Twitter
Daar is baie vooropgestelde idees dat sommige kleure nie by rooi hare pas nie. Dit is egter nie waar nie – die geheim lê in die skakering van die kleur. Tydens die 2002-Oscars het Nicole in ’n ligte pienk noupassende rok deur Chanel Haute verskyn en soos ’n droom gelyk. Haar grimering en juwele was eenvoudig en sy het die kleurskema behou deur ’n pienk palmsakkie by haar rok te dra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hoewel Nicole daarvan hou om haar middel te beklemtoon, het sy ’n hoofreël wanneer sy ’n rok kies: Dit moet beweegbaar wees. “Ek moet daarin kan dans … ten minste daarin kan wikkel,” het sy tydens ’n onderhoud met Vanity Fair gesê. Nicole glo dit is meer belangrik om ’n rok te kies wat jou laat goed voel en gemaklik om jou lyf pas, eerder as om heel aand jou vlak asemhaling te reguleer sodat jy net-net jou bewussyn behou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Met ’n lengte van 1.8 m is dit nie moeilik om lang, slanke bene te beklemtoon nie, maar Nicole bewys dat ’n mens nie altyd ’n hoë slit of minirok daarvoor benodig nie. Deur middel van slim-patrone en ’n vleiende struktuur kan jy wondere verrig. By Nicole se kenmerkende meerminsnit-rokke is dit duidelik dat die uitklokvalle onder haar knieë begin. Sodoende verhoed jy dat jou bene in twee verdeel word. Nog ’n wenk vir ’n langer voorkoms is om jou rok se soom net-net die grond te laat raak. Some wat by die enkels stop het die geneigdheid om jou bene korter te laat lyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.