kategorieë: Dra dit soMode

Dra dit soos Kate Bosworth

Hier is ’n paar dinge om te onthou wanneer jy na die perfekte parka soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die styl

Die bekendste parkas is die langer parkas, ook bekend as die Trench parka en die gewone parka-baadjie. Die gewildste van die twee is die parka-baadjie, wat tussen jou boude en knieë sit. Jy kry ook Poncho parkas wat oorgroot is en los sit. As jy klein en fyn gebou is, koop ’n parka wat nie oorgroot is nie. Koop eerder ’n nommer kleiner as jy moet, sodat jy nie lyk of jy in die baadjie verdrink nie! Bly ook weg van langer parkas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pels-afwerking

Jy moet besluit of jy ’n parka met ’n pelskraag verkies of daarsonder. En of dit pels of kunspels moet wees. Die pelskraag is natuurlik warmer. Daar is ook baie parkas met pels-krae wat jy kan afhaal om jou voorkoms te verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kleur

Parkas kom meestal voor in khaki, swart of vlootblou. Swart is natuurlik die netjieste van die drie. Dit, saam met die pelsafwerking kraag, nog meer.

Die gewig

Een van die belangrikste oorwegings wanneer jy na ’n parka soek, is die gewig. As ’n algemene reël is die swaarder parkas warmer as die liggewig weergawes. As jy die parka vir baie koue toestande wil gebruik en jy baie tyd buite spandeer, sal die swaarder parkas beter wees. As jy nie veel van ’n buitelugmens is nie, is die liggewig een natuurlik beter vir jou.

Parkas met verwyderbare voering

Dit bied jou die opsie om die parka met die voering in die winter te dra vir baie koue dae en dit uit te haal vir lente of weer herfs. Vir die meeste mense is die antwoord tussen dik en ligter parkas. Dan het jy die beste van albei.

Waterdig parkas

Die meeste parkas het kappies en is reënbestand. Maak seker die parka is waterdig as jy dit as ’n reënjas wil gebruik.

Parka met ’n trekkoord

Dit is moeilik om ’n opgestopte baadjie te kry wat vleiend is. ’n Parka met ’n trekkoord sal vorm aan jou lyf gee.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

16 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

16 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

17 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

17 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

20 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.