Daardie tussen-seisoene tydperk kan soms jou klerekas en uitrustings omkeer – sit jy jou voet by die deur uit met ’n kortmou hemp, maar wens jy teen middagete dat jou moue saam met die ure langer gegroei het? Dis hier waar die kantoorbaadjie tot jou redding kom – tydloos, vroulik, elegant én geskik vir enige seisoen. Geen wonder dis een van Gwyneth se gunstelingitems nie!
Rol die moue op
Wissel jou baadjie se voorkoms saam met die seisoene af deur die moue op en af te rol. Lyk én voel gemaklik – boonop voeg jy moeiteloos ekstra tekstuur by jou uitrusting deur die binnekant van jou baadjie om te rol. Dis ook ’n vinnige manier om jou voorkoms ’n informele gevoel te gee.
Dra dit saam met ’n kortbroek
Wie sê winter en somer kan nie gemeng word nie? Gwyneth wys ons hoe – perfek vir daardie dae wat die weer jou onkant betrap.
Oor die skouers
Kry die loopplankgevoel – drapeer die baadjie oor jou skouers sonder om jou moue in te steek, nie net rond dit amper enige uitrusting stylvol af nie, maar die tegniek beklemtoon jou skouers wat sorg vir ’n sterk, tog vroulike gevoel.