Wenke
• Trek mooi, maar tog gemaklik aan.
• Pak ’n paar goeie enkelstewels met hakke in. Dit is baie netjies en gemakliker as ander hoë hakke.
• Jy wil nie te veel lae aantrek vir die aanpassessies nie. Pak ’n lekker dik jas wat jy bo-oor ’n bloes kan aantrek, wat vir die aand ook sal werk indien julle besluit om uit te gaan.
• Jou handsak moet groot genoeg wees dat jy alles by jou kan dra wat jy nodig het.
• Pak ’n hemp wat nie maklik kreukel nie, en indien jy nie een het nie, onthou jou steamer! Of gaan koop een terwyl jy in die winkels is.
• Donker of swart denims is altyd ’n wenner vir gemaklike, netjiese drag.