Wil jy gesien word as sexy, intelligent en vol selfvertroue? Dra dan swart.
’n 2010-studie uitgevoer deur akademici van die Universiteit van Liverpool en Charles Universiteit in Praag, het bevind dat rooi en swart ’n groter aantrekkingskrag onder mans en vrouens het.
Almal kan swart dra, hoewel iemand met ’n ligte vel en hare beter in grys of vlootblou sal lyk. ’n Warm velkleur lyk ook beter in sjokoladebruin as swart.
Grimering
Vir die dapperes onder ons! Jy moet ’n taamlike mooi, vleklose vel hê om met swart lipstiffie te kan wegkom. ’n Bleker gelaat lyk ook beter met die winter se swart lippe.
Gebruik ’n verskeidenheid van teksture om jou swart uitrusting meer dimensie te gee. Hier is vir jou ’n paar idees: