kategorieë: Dra dit soMode

Dra blompatroon-rokke van winter tot somer

Blompatrone laat ons dadelik aan lente dink, wanneer daardie lentebloeisels oral is. Blompatrone was nog altyd ’n groot modetendens, maar is nou nóg meer romanties en vrolik. Ons het ook begin gewoond raak aan blomme vir winter. Winterblomme en -patrone kan uitgeken word aan donker agtergronde. Hoewel die blomme van somer 2017 steeds romanties is, is daar nou ook meer dramatiese blommotiewe met donker agtergronde wat op jou wag. Die verskil tussen die seisoenale blompatrone raak al hoe kleiner, dus is enige patroon of motief geskik vir enige tyd van die jaar, mits jy dit reg stileer. Jy kan met ’n laag-op-laag tegniek en verskillende bykomstighede dié rokke van nou tot somer dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Winter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lente

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Somer

Blomme en die feite

Blomme is bekend daarvoor om ’n boodskap sonder woorde oor te dra. Hoewel ontwerpers dikwels blompatrone om spesifieke redes uitkies, bly dit voordelig om jou vrolike (of romantiese) blommerok se storie agter die storie te ken.

Die Lotusblom is deur antieke Egiptenare as heiligheid beskou wat die ewige lewe simboliseer. Lotusse blom gewoonlik op water – in damme, riviere en klam vleilande. Vandag staan die lotusblom as ’n simbool van skoonheid, suiwerheid en rustigheid bekend

’n Mens kan nie anders as om aan vrolikheid te dink as daar van Sonneblomme gepraat word nie. Daar word gesê dat die Sonneblom-gesig na die rigting van die son draai. Daarvandaan die simboliek – die soeke na geluk. Iemand wat hierdie patroon dra, word dikwels beskou as iemand wat geluk en blydskap nastreef. Sonneblomme is ’n gewilde patroon vir somer, hoewel die geel kleur met herfskleure soos roesbruin, oranje en vlootblou gekombineer kan word om ’n wintervoorkoms te skep.

Ander blomsimboliek

Blou – Vrede en kreatiwiteit

Rooi – Liefde, krag, passie

Geel – Hoop, vreugde, energie

Wit – Suiwerheid, lojaliteit, onskuld

Pienk – Delikaatheid, jeug, koestering

Pers – Luuksheid, mag, respek

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

7 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

7 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

10 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

12 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.