Dr Judey se vyf topwenke om jou vel dié somer te beskerm

Dit raak nou somer in Suid-Afrika. Die dae word warmer en langer en dit beteken ons bring meer tyd buite deur en ons dagboeke raak propvol sosiale aktiwiteite. Dit het ’n impak op ons vel. “Minstens 80% van alle tekens van velveroudering is die gevolg van faktore wat van buite af kom (blootstelling aan die son, spanning, slaap, dieet, ens.) en selfs meer as jou dieet heelwat suiker bevat of as jy rook,” sê dr Judey Pretorius, ’n vername biomediese wetenskaplike en stigter van Biomedical Emporium. Gelukkig is daar ook goeie nuus, want dit beteken jy kan velveroudering tot ’n groot mate vertraag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dr Judey het bekendheid verwerf vir haar unieke formulerings wat ’n radikale invloed het op die koers wat nuwe ontwikkelinge in skoonheid en wondversorging inslaan. Sy bring vernuwing na selkultuurprosesse, en sy spog ook met haar eie mediese en estetiese velsorgreeks. ’n Konsekwente skoonheidsroetine gerugsteun met geteikende, wetenskaplik gegronde produkte, sal volgens dr Judy, die impak wat seisoenale stressors op jou vel het, verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Loer bietjie na vyf slim wenke waarmee jy dié somer velveroudering kan bekamp:

1. Keer die puisies

As jy dan en wan met puisies sukkel, gebruik gerus ’n reiniger (wat jy oornag kan aanhou) om knoppies mee te behandel. Kies ’n reiniger wat salisielsuur of melksuur bevat aangesien dit anti-inflammatories is en jou op ’n natuurlike wyse teen skadelike mikrobes, dikwels die rede vir hierdie skielike uitbrake, te beskerm.

2. Hou dit vars

Jy sal nie kos eet waarvan die vervaldatum reeds verby is nie – waarom dan velsorgprodukte gebruik wat wel het? Die gevolge is dalk nie so erg nie, maar die feit bly staan dat velsorgprodukte wat verval het, nie naastenby so goed werk soos nuwes nie. As jy jou velsorgroetine gereeld volg, sal jou produkte nooit te oud raak nie.

3. Werk saggies

As jou vel maklik geïrriteerd raak of allergies is (veral ligte veltipes), moet jy wegbly van enige velsorgprodukte wat geure en kleurstowwe bevat. Vermy ook velsorgprodukte wat preserveermiddels (en prikkelstowwe) soos metiel of propiel parabene bevat.

4. Behou jou glans

As jy ’n binnekort ’n belangrike afspraak het, wil jy graag hê jou vel moet lewendig en natuurlik glansend lyk. Maak die dag ekstra spesiaal en bespreek vir jou ’n 25% glikolsuurafskilfering (peel) vier dae voor jou geselligheid. Hierdie gewone afskilferingsbehandeling werk sagkens met jou vel, en help om dooie selle te verwyder en kollageen in te krimp.

5. Volg ’n instandhoudingsplan

Jy kan elke oggend en elke aand dieselfde basiese velsorgroetine volg. My voorstel vir een met slegs drie stappe is:

Oggend

1. Reinig.

2. Gebruik ’n serum wat hialuronsuur bevat.

3. Gebruik ’n bevogtiger met ’n hoë sonbeskermingsfaktor (SBF).

Aand

1. Reinig.

2. Gebruik ’n serum wat niasienamied en vitamien A bevat.

3. Gebruik ’n bevogtiger wat peptiede bevat. Laasgenoemde bevat aminosure wat fantasties is om ’n moeë vel weer vol lewe en energiek te laat lyk.

Vir meer inligting, besoek, https://www.biomedicalemporium.com/

Lees ook: Tuissorg-gesigbehandeling – doen dit self!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

21 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.