kategorieë: InspirasieJou lewe

Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling oor driedimensionele skilderye en nuuskierigheid

Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling oor driedimensionele skilderye en nuuskierigheid deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Hannetjie, hoe sien jy menswees en die keuses wat ons kan maak?

Ek glo dat ons hier op die planeet is om te leer en te groei en om onsself en ons omstandighede te bemeester. Dis belangrik om so gou moontlik te besef dat ons nie hulpelose slagoffers van ons ouers, ander mense of die noodlot is nie. Die meeste van ons is gebore met gesonde verstand en kan keuses uitoefen wat ons lewens en verhoudings ten goede kan beïnvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek is ’n groot voorstaander van die Positiewe Sielkunde-beweging waar ons fokus op doelwitte en wat werk, eerder as op probleme.  Ons het die vermoë om doelgerigte, goed ingeligte keuses te maak vir die beswil van onsself en ons naastes. Ons moet so vinnig moontlik uit ons ervarings leer – en soos my Oupa altyd gesê het: “Wat jou nie dood maak nie, maak jou sterker.”

Een van die beste invloede in my lewe was dr. Wayne Dyer (ook oorspronklik ’n sielkundige). Sy eerste boek, Your Erroneous Zones, het my oë oopgemaak vir selfgelding en die feit dat elkeen sy/haar gevoelens kan beheer, en dat niemand jou iets kan “maak” glo, dink, voel of sê waartoe jy nie bereid is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Luister na ons gesprek met Dr. Hannetjie – klik hier

2. Jy is gelukkig getroud. Is daar ’n geheim verbonde aan ’n goeie verhouding tussen lewensmaats?

Beslis, ja. Maak seker dat jou maat werklik ook ’n vriend of vriendin is en aanvaar  en respekteer hulle net soos hulle is. Moenie probeer om hulle te verander nie. Maak seker dat jy gereeld en goed kommunikeer, en onderhandel oor veranderende verwagtinge.

Dink hieraan – ons is nooit teleurgesteld of kwaad as daar aan ons verwagtinge voldoen word nie – so praat oor wat belangrik is, besluit watter sake aangevat moet word en “don’t sweat the small stuff.”

Vra vir wat jy nodig het en moenie verwag jou maat moet “ruik” wat jy wil hê nie.

Wees liefdevol en vergewensgesind en “drop” enige krapperigheid soos ’n warm patat – so gou as moontlik.

3. Jy put vreugde uit jou hartsmense.

Ek is baie naby aan my man, my suster, kinders en kleinkinders en doen baie moeite om hulle te sien en kwaliteittyd met hulle te spandeer. Dis vir my belangrik dat hulle moet weet hoe ek oor hulle voel en dat ek hulle onvoorwaardelik sal ondersteun met wat ookal in hulle lewens aangaan.

’n Belangrike reël vir my is dat almal mense is in hul eie reg en dat ek strewe om net raad/kommentaar te gee as ek daarvoor gevra word (dis ’n “work in progress …”).

Een van Hannetjie se kunswerke

4. Jy het al vier kunsuitstallings gehou. Vertel ons van jou skilderwerk.

Ek het al die jare nog gebrei, naaldwerk en loodglaswerk gedoen, maar het myself nooit as ’n “kunstenaar” beskou nie. Op vyftig het ek besluit – basta! – en vir kunslesse ingeskryf.

Een van die beste besluite was om nie kompeterend te wees met my skilderwerk of fotografie nie – dis net vir my plesier.

Die ironie – as die finale produk vir my plesier verskaf, is daar gewoonlik ook ’n paar ander wat daarvan hou en selfs bereid is om dit te koop. Dis vir my heerlik om met verskillende style te eksperimenteer en my gunsteling medium tot dusver is byewas (encaustic) and die kombinasie van fotografie daarmee saam (photo-encaustic).

5 .Dan het jy ander stokperdjies en voorliefdes …

Ek reis graag en was gelukkig genoeg om ’n hele klompie wonderlike reise saam met ’n groep fotografie-vriende te onderneem. Vir my is die fotografie in diens van my skilderye. Wanneer ek skilder, luister ek na jazz-musiek, trek my vuil klere aan en verdwyn in ’n ander wêreld … sewende hemel?

My dogter (ook ’n sielkundige) en ek is ook kranige koekbaksters en versierders. Dis nogal lekker om te sien hoe ons handewerk ontwikkel het oor die jare en dis vir ons produktiewe tyd saam.

Tuinmaak is nog ’n groot liefde  en ’n mooi tuin is vir my soos ’n driedimensionele skildery. Om ’n ou tuin op te knap is ’n heerlike uitdaging en wanneer daardie plantjies vermeerder en uitgeplant kan word, voel dit of ek my eie bron van goud ontdek het. Die meeste van my tuin- en skilderwerk leef in Dullstroom waar my seun verskeie eiendomme het vir vakansieverblyf. Die tuinmakery in Dullstroom bly ’n heerlike manier om met die besonder vrygewige tuiniers daar te kuier en te leer wat daar aard en wat nie.

My kop moet besig bly. Ek is van nature nuuskierig en leergierig en lees baie – veral astrologie, NLP, hipnose, meditasie, “mindfulness”, voeding en gesondheid is onderwerpe waaroor ek huis toe skryf.

As hierdie lockdown aangaan, sal ek dalk ook weer op ’n respektabele manier klavier speel ( die hoop beskaam nie?!)

Een van die Dullstroom-tuine: Treelands Estate

6 Jou boek Over the Hill Moon: a Guide to Positive Ageing se vierde druk is byna uitverkoop. Waaroor handel die boek?

Dit is ’n boek vir mense wat belang stel in die kwaliteit van lewe en wil aanhou groei en ervaar, en die daadwerklike stappe wat ’n mens kan neem om ’n goeie oudag te beleef. Ek glo dat jy die oudag gaan kry wat jy glo jy sal, so vir die selfde prys kan ons mos glo wat positief en goed is en daarin belê!

Kontakbesonderhede

Dr. Hannetjie woon en werk in Johannesburg: tel. 0824604575

han@emlct.com

http://www.drhannetjie.co.za

Hoe om beter te voel tydens inperking en daarna: kyk op https://za.pinterest.com/hannetjie777/  onder Covid-Lockdown Coping en Loneliness

Die elektroniese weergawe van Over the Hill Moon: a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013) is op Amazon te koop

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.