Dr. Ansie Gous oor die lewe, liefde en groei

Dr. Ansie Gous oor die lewe, liefde en groei deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Hoe het dit gebeur dat jy ’n kliniese sielkundige geword het?

Ek het aanvanklik onderwys studeer. Na my graad en onderwysdiploma het ek Honneurs in Sielkunde gedoen, net omdat Sielkunde as vak vir my so interessant was. Daardie jaar het ek besef dit is eintlik wat ek wou doen.

Omdat ek my onderwysbeurs moes terugwerk, kon ek nie dadelik aangaan nie.  Die plan was om vinnig vier jaar skool te hou en dan aan te gaan. Toe raak ek verlief, trou en kry vier kinders (lg. darem bepland!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Twintig jaar later, toe my jongste skool toe is, is ek terug universiteit toe om my droom te verwesenlik.

Luister na ons podsendingsreekse, Tussen Ons

2. Wat is die wonderlikste – en die moeilikste – aspekte van jou beroep?

Ek geniet my werk ontsaglik baie! Dit is ’n absolute voorreg dat mense jou met hulle grootste kwesbaarhede vertrou. Mense se vermoë om swaarkry te oorkom en om hulle  groei te sien, inspireer my.

Die moeilikste deel is om soms emosioneel gedreineer te voel nadat ek heeldag na intense emosies geluister het.  Ek het geleer om fyn ingestel te wees op my vermoë tot empatie en gereeld breuke te neem waarin ek iets te doen wat my batterye herlaai.

Dr. Ansie Gous oor die lewe, liefde en groei

3. Wat het die lewe jou geleer omtrent die balans tussen ma wees, vrou wees, ’n beroep beoefen en by ’n gemeente betrokke wees?

Dit is moeilik om ’n klomp balle in die lug te hou en uiters belangrik om jou dagboek te bestuur!

Toe ons kinders nog in die huis was, het ek beplan om elke dag met elkeen ’n alleentydjie te hê en elke Sondagaand afgemerk of ek dit wel reggekry het. En baie keer het ek nie – dus ys ek oor wat gebeur as mens dit nie eens beplan nie.

Ek dink ook dit is belangrik om goeie en gesonde roetines te vestig. Ek en my man, Henk, het al ons lewe lank ’n roetine van saam koffiedrink in die oggend, bid en gesels oor die dag wat voorlê – en om weer na middagete vir so 10 minute en in die aand voor ons gaan slaap te gesels oor die dag wat verby is.

4. Jy het baie waardering vir jou man.

Henk is regtig ’n goeie siel – hy laat nie ’n geleentheid verbygaan om iemand te help nie.  Hy is een van die onselfsugtigste mense wat ek ken.  Hy is uiters avontuurlustig en ek is maar ’n bangbroek.  Dus laat hy my waag en ek rem hom om bietjie meer verantwoordelik te wees!

Henk en die kinders op die Camino

5. Watter lekker dinge doen julle saam?

Ons is stappers en het oor die jare al heerlike staproetes gestap, o.a. twee maal dele van die Camino, die tweede keer saam met al ons kinders.  Die afgelope twee jaar is ons ook lede van die Johannesburgse Stapklub en gaan stap elke Woensdagoggend iewers saam met hulle.

6. Vertel van julle kinders en hul maats.

Ons oudste seun is ’n rekenaaringenieur en is tans besig met ’n oorsese toer van ses maande. Ons tweede seun is getroud. Hy en ons skoondogter is albei in die advertensiebedryf en werk nou onderskeidelik as konsultant in digitale dienslewering en digitale strategie. Ons dogter is ’n aankoopbestuurder by ’n maatskappy.

Ek is diep dankbaar oor ons kinders en vind baie plesier in hulle doen en late. Ons moes wel leer saamleef met die enorme verlies van ons jongste dogter na haar selfdood.

7. Watter ideale het jy vir die toekoms?

Ek wil graag al hoe meer groei in die uitleef van geloof en liefde.

Ansie in ‘n blomveld in Nederland

8. Wat is jou hartswens vir alle vroue?

Om sonder om die negatiewe te ontken, die mooi in alles en almal, ook haarself, raak te sien en te bevorder.

Kontak gerus vir Dr. Ansie Gous: 011 672 8055 of ansiegous@mweb.co.za

Luister sommer nou na Tussen Ons!

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

24 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.