kategorieë: InspirasieJou lewe

Downsindroom-atleet Cindy Engelbrecht skitter oorsee, breek wêreldrekord

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Maart het Suid-Afrika se Club 21-atlete na Turkye gereis vir die Wêreld Trisome-spele – ‘n multi-sport wêreldkampioenskapsbyeenkoms vir atlete met Downsindroom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanaf die 17de tot die 27ste Maart het atlete van 33 lande regoor die wêreld in Turkye bymekaargekom om aan die 10-dag byeenkoms deel te neem, wat bestaan het uit atletiek, swem, tennis en gimnastiek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dertien atlete van Centurion se Club21 het die nasie trots gemaak en het altesaam 29 medaljes ingepalm, met twee van die span se atlete wat wêreldrekords in die proses gebreek het.

By die byeenkoms, wat beskryf is as die Olimpiese Spele vir atlete met Downsindroom, was Cindy Engelbrecht een van die Suid-Afrikaanse deelnemers. Sy het ‘n wêreldrekord en ‘n Afrika-rekord vir die Mosaïek-kategorie in die 800m-stap opgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nou weer terug by die huis, spog Engelbrecht met haar goue medalje vir die 800m Mosaic Dames Stap, silwer medaljes vir 800m Mosaic Dames Hardloop en Gewigstoot Mosaic Dames, wat nuwe Afrika-rekords vir albei opgestel het. Sy het ook silwer in die Spiesgooi Mosaïek Dames-kategorie verower.

Foto: Verskaf

Volgens ‘n artikel wat deur Rekord gepubliseer is, sê Cindy:

“Ek het baie hard geoefen en myself gemotiveer om elke dag beter te doen,”

Met al die harde werk wat sy ingesit het, was Cindy gemotiveerd om haar beste te gee.

“Ek weet ek het baie hard gewerk om voor te berei, so ek het geweet dat ek gereed was om groot hoogtes te bereik.”

Soos aangehaal in ‘n artikel wat deur JacarandaFM gepubliseer is, glo Cindy se ma, Celia, dat haar dogter se talente geen perke ken nie.

Die woorde ‘ek kan nie’ is nie in Cindy se woordeskat nie. Haar leuse is: ‘Ek kan’ en dan doen sy dit. Ons as gesin het al so baie van Christenskap en ’n omgee-hart by haar geleer.”

Foto: Facebook/ Club21

Cindy, wat in Vanderbijlpark woon, het in 2017 by Club21 aangesluit, waar sy die eerste keer haar talente vir sport ontdek het. Engelbrecht het Suid-Afrika ook by die 2018 Wêreld Trisome Spele op Madeira verteenwoordig, en het twee silwer- en een bronsmedaljes verower.

Sy is verlede jaar aangewys as die Tshwane-sportvrou van die jaar vir haar onmiskenbare tafeltennisvernuf. Bykomend tot die prestasies het Cindy haar nasionale klere vir spiesgooi, gewigstoot, diskus, 800m stap en tafeltennis ontvang.

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

10 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.