Die storie van die gaatjie
Amerikaanse matrose het glo op lang vaarte donuts geëet omdat die bolle maklik en lank gestoor kon word. Kaptein Hanson Gregory het blykbaar sy oliebol in ’n spar van die roer gedruk wanneer hy die skip moes stuur, en siedaar die gaatjie!
In die Eerste Wêreldoorlog het helpers donuts aan die Amerikaanse soldate in die loopgrawe uitgedeel en die res is geskiedenis. Die lekkerny was gou een van Amerika, asook die res van die wêreld, se gunstelinghappies.