Serves:Genoeg vir sowat 20 middelslag-bolleNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Die gaatjies wat uit die donuts gesny word, is net so heerlik. Braai hulle nes die oliebolle en maak ’n gaatjie aan die onderkant en vul met lekkernye soos karamelkondensmelk, aarbeikonfyt of Nutella.
Basiese oliebol-resep
• 285 g meel, gesif
• 10 g (1 sakkie) gis
• 20 g suiker
• 125 ml (½ k) louwarm melk
• 15 g botter, gesmelt en afgekoel
• 1 eier, liggies geklits
• olie vir diepbraai
• 125 ml (½ k) kaneelsuiker
Instructions
1 Meng die gis, suiker, melk, botter en eier met die deeghaak in ’n staanmenger. Gooi die meel ’n bietjie op ’n slag by en meng tot ’n deeg vorm. Knie vir 3-4 min. tot elasties en bedek met ’n skoon vadoek. Laat op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys. 2 Knie die deeg liggies af. Rol op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit en druk met ’n koekiedrukker sirkels van 7-8 cm daaruit. 3 Druk met ’n kleiner, ronde koekiedrukker ’n gaatjie in die middel uit. Laat rus vir 20 min. Verhit die olie oor matige hitte in ’n diep kastrol. Braai die bolle 3 tot 4 op ’n slag vir 3 tot 4 min. daarin tot gaar. 4 Skud die warm bolle dadelik in kaneelsuiker en herhaal met die res van die deeg.