1 Hou die sjokolade eenkant in ’n glasbak. 2 Verhit die room in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot dit begin borrel. 3 Gooi die warm room oor die sjokolade en laat vir 3 min. eenkant staan. Roer tot glad. 4 Klop die botterblokkies by tot die mengsel glansend is. Sit die glasbak oor ’n bak warm water indien alles nie mooi wil smelt nie. 5 Gooi die gesmelte sjokolade in ’n vlak oondpan van 1 cm diep en laat afkoel. 6 Bedek met kleefplastiek sodra dit heeltemal afgekoel is. Laat staan oornag by kamertemperatuur - nie in die yskas nie. Die ganache is gereed wanneer dit ’n ligte duikie maak wanneer jy met jou vinger daarop druk. 7 Skep teelepels vol van die ganache in die bakkie met die kakao en vorm balletjies. 8 Pak op ’n bakplaat wat met kleefplastiek bedek is. Herhaal met die res van die ganache.