Donkersjokolade-truffels
Ingredients
- • 125 ml dubbeldikroom
- • 200 g donkersjokolade, ruweg gekap
- • 45 ml (3 e) botter
- • 125 ml kakao in ’n bakkie
Instructions
1 Hou die sjokolade eenkant in ’n glasbak.
2 Verhit die room in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot dit begin borrel.
3 Gooi die warm room oor die sjokolade en laat vir 3 min. eenkant staan. Roer tot glad.
4 Klop die botterblokkies by tot die mengsel glansend is. Sit die glasbak oor ’n bak warm water indien alles nie mooi wil smelt nie.
5 Gooi die gesmelte sjokolade in ’n vlak oondpan van 1 cm diep en laat afkoel.
6 Bedek met kleefplastiek sodra dit heeltemal afgekoel is. Laat staan oornag by kamertemperatuur - nie in die yskas nie. Die ganache is gereed wanneer dit ’n ligte duikie maak wanneer jy met jou vinger daarop druk.
7 Skep teelepels vol van die ganache in die bakkie met die kakao en vorm balletjies.
8 Pak op ’n bakplaat wat met kleefplastiek bedek is. Herhaal met die res van die ganache.