Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer een groot losboompan. 7 Sjokolade-ganache Maak die ganache terwyl die koek bak. Smelt die sjokolade, botter en room in ’n glasbak oor ’n kastrol met warm water.Donkersjokolade-en-amandel-koek
Ingredients
Instructions
1 Room die botter en suiker tot liggeel, glad en donsig. Voeg die eiergele een vir een by en meng goed ná elke byvoeging.
2 Breek die sjokolade in ewe groot blokkies en laat dit stadig in ’n glasbak oor ’n kastrol warm water smelt. Roer vinnig deur sodra twee derdes van die blokkies gesmelt is. Laat dit eenkant afkoel en klop die afgekoelde sjokolade met ’n handklitser tot ligter van kleur en donsig. Roer by die eiermengsel.
3 Meng die gemaalde amandel by en voeg die kakao, aartappelmeel en bakpoeier by. Voeg die lemoensap by en meng verder. 4 Geur die mengsel met die likeur, vanielje en lemoenskil.
5 Voeg die sout en kremetart by die eier-witte en klop tot stywepunt-stadium. Vou die geklopte eierwitte lepelgewys by die koekmengsel in. Werk versigtig sodat die lug wat ingeklop is, nie ontsnap nie.
6 Skep in die losboompan en bak vir 40 min. by 160 °C. Draai die oond af na 140 °C en bak vir nog 20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pan afkoel en keer uit.
8 Roer tot glad en gooi oor die koek. Versier ook met rose wat in die gesmelte sjokolade gedoop is.