kategorieë: NaelsSkoonheid

Donker naels vir Winter 2016

10 beste wenke vir donker naels

1. Was jou hande voor jy begin, of gebruik ’n naellakverwyderaar wat asetoon bevat om seker te maak jy raak onstlae van enige oortollige olie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Gebruik altyd ’n basislagie voor jy jou donker kleur aanwend – dit sal ’n egalige aanwending van kleur verseker en verhoed dat die donker naellak jou nael vlek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Vee eers enige oortollige naellak aan die rand van die botteltjie af voor jy jou naellak aanwend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Verf jou eerste lagie naellak in die middel van die nael, verf dan beide kante van jou nael vir ’n netjiese manikuur. Hierdie tegniek sal versker dat jy minder mors en dat jou donker mani minder streperig lyk.

5. Verf ook die bopunt van jou nael (daardie sigbare gedeelte van jou naels wanneer jy na jou handpalms kyk.) Hierdie tegniek sal voorkom dat die kleur nie te vinnig kraak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Twee lagies eerder as een – die tweede lagie sal verseker dat die kleur mooi eweredig oor die hele nael geverf word.

7. Gebruik ’n oorstokkie of selfs ’n dun lipstiffie-kwassie saam met naellakverwyderaar en rond jou mani netjies af.

8. Wend nou jou bo-lagie aan, dit keer dat jou naellak vining afdop en laat jou manikuur boonop netjies lyk.

9. Moenie van jou naelvliesies vergeet nie, ’n drupel naelvlies-olie sal jou mani nog langer laat hou en boonop lyk jou naels meer gesond en gehidreerd.

10. Pssst … Perfek vir die winter: probeer ’n mat bo-lagie bo-oor jou gunsteling donker naelverf vir ’n moderne manikuur.

Ons gunstelingskakerings

Kakao

Cabernet

Sement (grys)

Stap-vir-stap naelkuns deur Essie

Essie-naels deur Chi Chi Xu

Bekende naeltegnikus Chi Chi Xu het hierdie naelkuns ontwerp vir die Mercedes Benz-modeweek vir die Khosi Nkosi-vertoning.

Dit het jy nodig:

Essie-naellak in Private Weekend; Essie-naellak in Vice Versa; Essie-naellak in Mod Square; Essie-naellak in Midnight Cami; Essie-naellak in Private Weekend en ’n dun kwassie – iets soos ’n dun lipstiffie-borseltjie.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.