Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag: Doen jou deel. Hooffoto: Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om openbare toewyding en aksie te bevorder om selfdoodgevalle te voorkom in die aanloop tot Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag (10 September), deel ’n farmaseutiese maatskappy en advokaat vir geestesgesondheid raad oor hoe om ’n geliefde ná ’n selfdoodpoging te ondersteun.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Abdurahmaan Kenny, ’n geestesgesondheidsportefeuljebestuurder vir Pharma Dynamics, sê om te weet hoe om iemand te hanteer en te ondersteun wat probeer het om hul eie lewe te neem, is van kardinale belang vir hul herstel.
“Jou geliefde is dalk depressief of ly aan ’n ander geestesongesteldheid wat veroorsaak word deur ’n chemiese wanbalans in die brein. Daarom is dit vir hulle noodsaaklik om ’n opgeleide gesondheidswerker, wat ’n behoorlike diagnose sal kan maak en die regte behandeling sal kan voorskryf, wat dikwels ’n kombinasie van medikasie en psigoterapie behels, te sien. Herstel (met die regte hulp) is moontlik,” sê hy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Baie van ons ken iemand wat selfdood probeer het of reggekry het. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sterf een persoon elke 40 sekondes aan selfmoord wêreldwyd.
“Wanneer ’n geliefde hierdeur geraak word, kan dit traumaties wees, want jy moet hulle ondersteun en jou eie gevoelens oor die selfdoodpoging hanteer – die woede, vrees, skaamte en skuldgevoelens. Om die regte ding te sê en te doen, kan moeilik wees.”
Kenny deel die volgende raad oor hoe om ’n geliefde tydens so ’n moeilike tyd te ondersteun.
Dit is natuurlik om oorweldig, angstig en selfs kwaad of gegrief te voel wanneer ’n geliefde selfdood probeer pleeg. Dit is belangrik om bewus te wees van jou eie gevoelens sodat jy daarvan kan weerhou om op maniere te reageer wat jou geliefde kwaad kan maak of laat onttrek.
Kenny sê die gebruik van woorde soos “onsuksesvol” of “misluk” moet vermy word. In plaas daarvan moet woorde soos “selfdoodpoging” of “poging om hul eie lewe te neem” gebruik word.
“Vermy ook om te vra oor hoe hulle hulself seergemaak het (tensy dit is om hulle veilig te hou), wat ontstellend en ’n verdere stressor kan wees.”
“Daar is steeds baie stigma rondom selfdood en jy kan die oordeel en kritiek van ander vrees. Wie jy kies om te vertel en hoeveel jy wil deel, is jou keuse. Dit kan nuttig wees om iets voor te berei om te sê wanneer gevra word, soos: ‘Ja, dit is ’n moeilike tyd vir ons, maar ons kry vir hom of haar die ondersteuning wat hy of sy nodig het.”
“So uitdagend soos wat dit is om van ’n selfdoodpoging te herstel, met tyd en ondersteuning vir jou geliefde en jouself, kan dit oorkom word,” moedig Kenny aan.
Wees bedag op waarskuwingstekens by jouself of iemand anders en kry onmiddellik professionele hulp. Jy kan ook The South African Depression & Anxiety Group se gratis selfdood-krisishulplyn skakel by 0800 567 567 (8.00 tot 20.00, sewe dae per week).
Lees ook: Bestuur jou geestesgesondheid met slaap en oefening
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…