Vraag
Watter behandeling sal selluliet verminder? – Annemari Scholtz
Antwoord
Eers moet ’n mens verstaan wat dié toestand veroorsaak, en ongelukkig vorm selluliet veral deur ons eie toedoen: ’n sittende leefstyl, gaskoeldrank, hormone, verkeerde voedselgroepinname, alkohol, rook en kafeïen om ’n paar te noem. As jy nie gesonder leef nie, gaan geen behandeling die beste resultate lewer nie. Daarom is die eerste verantwoordelikheid joune.
Oefen gereeld, neem essensiële vetsure en genoeg water in. Daar is heelwat behandelings in medi-spa’s beskikbaar, soos Velashape, Velasmooth, asook limfdreinering en aromaterapie. Die meeste van hierdie behandelings het die stimulering van limfvloei as doel om van al die toksiene in die liggaam ontslae te raak om sodoende ’n beter voorkoms te gee.
Dit is ’n tydsame prosedure en verg baie selfdissipline.