Vraag
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hoe trek ek met oogomlyner die perfekte lyn teen my wimpers? Ek sukkel om ’n netjiese, reguit streep te trek. Kan julle ’n goeie oogomlyner aanbeveel?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Antwoord
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Maak eerstens seker dat jy die regte borseltjie het – ek werk makliker met ’n skuins borseltjie. Enigiets wat te dun en te lank is, sal nie stabiel genoeg wees nie en jy sal onvermydelik met daardie ongewenste, oneweredige lyn opgeskeep sit. Hou die borseltjie in jou een hand en trek met ’n vinger van die ander hand die buitehoek van jou oog liggies na jou slaap toe – die vel op jou ooglid moet styfgetrek wees wanneer jy die oogomlyner aanwend, anders sal jy nie daardie lyn perfek regkry nie. Moenie die lyn in een beweging probeer trek nie – doen dit eerder stukkie vir stukkie en wees geduldig.
*Marlinette Newman is ’n vryskuthaar- en grimeerkunstenaar in Kaapstad
Ons sê Probeer gerus ’n potjie jel-oogomlyner en een van hierdie skuins borseltjies.
MAC Angled Brush in 208, MAC Paint Pot in Blackground
Inglot AMC Gel Eyeliner, Inglot Make Up Brush 31T
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.