Hierdie lyk dalk moeilik, maar na ’n bietjie oefening is dit eintlik heel maklik. Onthou, jou vlegsel hoef nie perfek te wees nie.
Stap 1
Verdeel jou hare in twee seksies, los die agterste hare los (jy gaan eerste daarmee werk), en maak die ander bo-op jou kop vas sodat dit nie in jou pad is nie.
Stap 2
Gooi jou kop vooroor en maak ’n Fransevlegsel in jou nek.
Stap 3
Vleg jou hare tot bo.
Stap 4
Neem die voorste deel van jou hare en die poniestert saam, en maak ’n poniestert bo-op jou kop. Draai die hare in ’n bolla en steek dit met knippies vas. Spuit met haarsproei.
WENK Spuit droë sjampoe, ’n produk wat tekstuur gee, of mousse aan voor jy jou hare vleg, veral as jou hare glad is.