Jou bolla hoef nie so netjies soos ons s’n te wees nie; jy kan ook die deurmekaar weergawe maak deur ’n paar slierte langs jou gesig te laat afhang en ’n paar puntjies by jou bolla te laat uitstaan. Bonus: jou hare hoef nie silwerskoon te wees nie; inteendeel, gewasde hare mag dalk te sag wees vir hierdie bolla.
Met hierdie voorkoms kan jy enige partytjie of sosiale geleentheid aandurf, jy het nie vreeslik baie grimering of haarprodukte nodig nie, en jy kan dit in ’n japtrap doen. Druk dié artikel uit en bêre dit, want as jy eers agterkom hoe maklik dit is, gaan dit jou staatmaker word.
Stap 1
Maak ’n hoë bokstert.
Sit ’n bollaring soos die Denman Ring Bun om jou bokstert.
Bring jou bokstert na vore en steek dit bo-op die bollaring vas.
Stap 4
Wenk: As jou hare nie lank genoeg is om om die ring te draai nie, deel jou bokstert in drie en steek die verskillende dele na mekaar vas.
Dit het jy nodig
Oh So Pretty-haarknippies