Grimering uit die 1940’s is weer hoogmode vir winter 2014! Kry die voorkoms so:
Stap 1
Gebruik ’n onderlaag wat stralend lyk, maar ook goeie dekking gee. Wend roomkleurige oogskadu van jou wimpers tot jou wenkbroue aan. Gebruik dan ’n bruin oogskadu in die vou van jou oog.
Stap 2
Wend maskara aan. Smeer ’n ligte lagie gom aan vals wimpers. Wag 10 sekondes en druk die agterkant van die vals wimpers met ’n haartangetjie teen jou wimperlyn vas. Wend hierna vloeibare oogomlyner aan.
Stap 3
Wend ’n effense bruiner blosser van jou wangbene opwaarts tot by jou slape aan en ’n helder kleur op die appels van jou wange.
Stap 4
Omlyn en vul jou lippe met ’n lippotlood wat by jou lipstiffie pas. Wend jou lipstiffie aan, pers jou lippe saam op ’n snesie en wend nog ’n lagie aan.