The Great Gatsby is steeds groot!
Gryp die mode terug na die jare twintig! Ons wys jou hoe om glansende golwe uit die 1920’s te kry. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Johan Wilke
Wend ’n hitte-beskermingsproei aan en blaas jou hare droog. As jy baie fyn hare het wat sukkel om te krul, gebruik
’n mousse op klam hare. Krul jou hare met ’n krultang. Rol elke krul eers op en steek dit vas voor jy met die volgende een begin.
Haal die knippies uit en kam die krulle liggies uit.
Wenk Om jou krulle vinniger te laat set, stel jou haardroër op sy hoogste hitte en blaas oor die vasgesteekte krulletjies.
Vat jou hare aan die punte, druk dit boontoe en steek die gedeeltes waar daar ’n natuurlike krul teen die kopvel vorm, met knippies vas. Maak ’n lae bolla met jou onderste hare
Spuit lekker baie haarspoei aan. Haal nou die knippies uit.