kategorieë: DekorDoen dit self

Doen dit self: vinnige tafelversierings

Basiese benodigdhede

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Maatband
• Potlood
• Saag
• Snymat
• Snymessie
• Krammasjien
• Skêr
• Mediumgrein skuurpapier
• Gereedskap vir bosselering (embossing)
• Snoeiskêr

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Servetring met vars blom

• Klimoptakke
• Twee blomme per servetring (ons het magnolias gebruik)
• Bloemistedraad

1 Sny klimoptakke in lengtes van ±40 cm elk.
2 Stroop die blare van die klimoptakke af en draai dit twee keer om die servet wat jy gaan gebruik om die lengte te toets. Sny korter indien nodig.
3 Stroop die blare van die blomstele en sny korter – laat ’n steel van ongeveer 30 mm. Plaas die blomsteel om oor te steek met die punt van die gestroopte klimoptak en draai dit met bloemistedraad vas. Doen dieselfde met die tweede blom aan die ander punt van die tak. Draai bloemistedraad spiraalvormig om die hele lengte van die klimoptak.
4 Draai die voorbereide blomservetring tweemaal om die servet en draai die ente met die blomme om mekaar en om die servetring in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Naamkaartjiehouer

• Hout (vir houtblokkie)
• Aluminiumfoelie (beskikbaar by kunswinkels)
• Sproeiverf (ons gebruik Plascon Matt White)

Maak so

1 Saag of laat saag houtblokkies in grootte 75 mm x 25 mm x 30 mm (l x b x h).
2 Saag of laat saag ’n gleuf van 3 mm breed x 3 mm diep in die bokant van elke blokkie.
3 Skuur die blokkie deeglik met mediumgrein skuurpapier om van splinters ontslae te raak en die oppervlak voor te berei om te verf.
4 Spuit die hele blokkie met ’n laag sproeiverf en laat droog word. Herhaal ’n paar keer vir ’n egalige voorkoms.
5 Maak ’n plaatjie vir die blokkie deur stukkies aluminiumfoelie grootte 20 mm x 65 mm te sny (gebruik ’n skêr of snymessie).
6 Gebruik die bosseleringsgereedskap en skryf woorde van jou keuse op die stukkies foelie.
7 Sentreer die plaatjie op die voorste sy van die blokkie en kram vas.

Papiertafelloper met  uitsnydetail

• 5 x velle A2-liggewigpapier (ons gebruik onbedrukte koerantpapier)
• Borduurgaring
• Skerp, dun naald met ’n groot oog

Maak so

1 Sny vyf vierkante (420 mm x 420 mm) uit die papier van jou keuse.
2 Plaas die papiervierkante op ’n plat oppervlak.
3 Vou elke vierkant so: vou van bo na onder in die helfte; vou dan weer van links na regs in die helfte; vou die linkerkantste boonste hoek oor na die regterkantste onderste hoek (die papier vorm ’n driehoek); vou die driehoek weer in die helfte.
4 Maak ’n fotostaat van diagram 1 en steek die diagram vas aan die gevoude driehoek met skuifspelde sodat dit presies op die rande ooreenkom.
5 Gebruik ’n skêr en maak die insnydings soos aangedui op die diagram. Herhaal die proses vir al die gevoude driehoeke.
6 Vou al vyf gesnyde driehoeke oop en plaas dit langs mekaar op ’n gelyk oppervlak om ’n loper te vorm – die blokke moet ongeveer 20 mm oormekaar steek en moet so geplaas word dat die uitgesnyde patroon in dieselfde rigting loop.
7 Werk die blokke aanmekaar vas met rygsteke en borduurgare van jou keuse.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

16 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

16 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

17 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

17 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

20 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.