kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Doen-dit-self: Versier ’n houer

Deur: Elandrè Swart. Hooffoto: Elandrè Swart

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy het ’n houer wat nog werk, maar dit pas net glad nie meer by jou styl nie. Jy kry ook niks in die winkels waarvan jy hou om dit te vervang nie. Gelukkig kan jy enigiets nuut maak met plakpapier! Ons wys jou hoe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat jy benodig

  • ’n houer of skoenboks
  • Skêr
  • Plakpapier (R38, Builders Warehouse)
  • ’n knip
  • ’n pen of potlood

Builders Warehouse het ’n groot verskeidenheid plakpapiere wat by jou styl sal pas. Ons het besluit op plakpapier met ’n grys marmer-effek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 1

Draai die plakpapier om sodat die patroon na onder wys. Plaas die boks of houer op die plakpapier en knip die res van die rol vas om dit uit die pad te hou.

Stap 2

Meet die boks en teken dit aan op die plakpapier sodat jy die regte groottes sal uitknip. Ek het besluit om die binnekant ook uit te voer met plakpapier en om die onderkant ’n aparte stuk plakpapier te gee. Knip dan hierdie dele uit wat jy gaan gebruik.

Stap 3

Nadat jy die plakpapier uitgeknip het, trek die agterkant af en maak gereed om dit op die houer te plak. Gebruik ’n pen of ’n potlood om te vermy dat die papier oprol. Begin by ’n hoek, en plak die plakpapier stelselmatig, hoek-vir-hoek, om die houer.

Stap 4

Om die binneste deel van die houer te plak, knip die mates uit en vou dit waar dit in die hoeke geplaas sal word. Dit maak nie saak hoe netjies die papier aan die binnekant geplak word nie, want die produkte wat jy stoor sal dit wegsteek.

Stap 5

Meet en knip weer ’n stuk plakpapier vir die onderkant van die houer en plak dit aan die onderkant.

So lyk die eindproduk

Verskaffers

Builders warehouse | builders.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

10 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

10 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

10 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

10 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

11 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

15 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.