Wat jy benodig:
- Stileerprodukte
- Borsel
- Rekkies
- Bobbi pins
- Warm haaryster/krultang
Stap 1
• Maak ’n middelpaadjie in jou hare, in lyn met jou neus. Jou hare sal nou links en regs verdeel wees.
• Verdeel die hare in drie dele en begin dit vleg en maak dit dan vas met ’n rekkie. Doen dan dieselfde met die ander kant.
Stap 2
Maak nou die vlegsel ’n bietjie losser met jou vingers om dit ’n sagter tekstuur te gee.
Stap 3
Vat die vlegsel tot bo op jou kop en steek dit dan vas met ’n knippie.
Stap 4
Wanneer albei vlegsels vasgesteek is, maak dit ’n bietjie losser en trek dan ’n stukkie hare sodat dit voor hang, asook by die oor.
Stap 5
Rond die voorkoms af deur jou stileer-aparaat te gebruik om ’n sagte krul voor te maak, asook langs die kant.
#rooirosewenke
- Gebruik ’n beskermingsproei vir jou hare voor jy ’n warmstileerder gebruik
- Wend ook haarsproei na die tyd aan om seker te maak die styl hou lank
- Jy kan ook voor die tyd ’n tekstuursproei gebruik
Probeer die volgende produkte