Doen dit self: Ombré-naels deur Corné Greeff. Foto’s: Corné Greeff
Jy het nodig
- ’n Skêr
- ’n Stukkie spons
- Verskillende skakerings naelverf
- ’n Bolaag naelverf
- Basisnaellak
- Naellakverwyderaar
- Klein kwassie
- Naelserum of petroleumjellie
Stap 1
Knip ’n sponsie in ’n klein blokkie. (Jy kan ook ’n driehoek-grimeersponsie gebruik.)
Stap 2
Verf ’n basislagie op al jou naels. Verf dan ’n bietjie naelserum of petroleumjellie op die vel rondom jou naels. Dit sal keer dat die naelverf nie aan jou vel kleef nie.
Lees ook: Hou ’n pamperlangpartytjie met jou vriendinne
Stap 3
Kies twee of meer kleure en verf dit op die sponsie.
Lees ook: Top-6 naelverfwenke
Stap 4
Druk nou die sponsie op jou nael. Maak seker die hele nael is met naellak bedek. Doop dan ’n kwassie in naellakverwyderaar en maak die dele rondom jou nael mooi skoon.
Lees ook: Haarstylinspirasie vir die feestyd
Stap 5
Wag tot die naellak droog is en verf dan ’n bolagie op jou naels.
Lees ook: Swart-en-wit polkakolnaels
Stap 6
Wag ’n paar minute om seker te maak jou naels is heeltemal droog, want jy wil nie jou pragtige naels bederf deur dit teen iets te stamp nie.
Lees ook: Skoonheidsblapse