Doen dit self: ‘n Plaas-Kersfees deur Cornel Dunn. Foto’s deur Johan Wilke
Doen dit self: ‘n Plaas-Kersfees
Kyk net na hierdie pragtige inspirasie vir die mooiste Kersfees saam met jou familie!
Klik hier vir die heel lekkerste Piekniek-spyskaart vir Kersete
Tafel vir ’n prinses
Ons het weelde na die plaas gebring met ’n oordadige tafel vir die Kersprinses. Haal mooi eetgerei uit, pak gemaklike stoele om die tafel en versier die tafel met loof en kerse.
Lees ook: Nog idees vir jou Kerstafel
Reënboogkoek
Vyf sjokoladekoeke is met dik lae kleurryke versiering opmekaargestapel. Klik hier vir ’n maklike sjokoladekoekresep. Versier dit met toffie-appels , bessies en vars vrugte.
Lees ook: Jy kan ’n reënboogkoek bak
Kersklappers
Ons het toiletpapierrolle oorgetrek en ons eie ontwerp uitgedruk en daarop geplak. Jy kan enige geskenkies binne-in plaas. Maklik!
Klik hier vir ons stap-vir-stap-gids om Kersklappers te maak.
Toffie-appels
Pleks van die tradisionele rooi appels het ons groen en blou appels gemaak, wat mooi pas by die plaasgevoel van die tafeldekor.
Klik hier vir ons heerlike resep vir toffie-appels
Kersfeestafel
Silwer kandelare en ’n fluweelstoel verseker ekstra glans.
Lees ook: Maak self die mooiste Kerskouse
Kom, Kersfees!
Adventkalender
Ons het wit papiersakkies met die nommers van die dae tuis gedruk. Dis goedkoop en maklik.
Loer hier vir nog Adventkalender-inspirasie.
Fotokaartjies
Druk persoonlike foto’s uit en sit dit op die geskenkpakkies. Dit maak die geskenke soveel meer spesiaal!
Lees ook: Laai die mooiste naamkaartjies af
Kerskrans
Hier het ons wingerdtakke gebruik en met wit stroke lap en letters versier.
Loer hier vir ’n maklike gids om self ’n krans te maak
Harry die perd hou ook saam Kersfees
Harry kry sy eie Kersfeeskrans!
Geskenksakkies
Druk jou eie geskenksakkies tuis. Plak die sakkie op ’n A4-bladsy en voer deur die drukker.
Loer ook hier om jou eie geskenkdosies en Kerskouse te maak
Kersfeesster
Sny ’n ster uit karton en draai met dik wol toe. Hang dit in ’n boom naby aan die tafel en gebruik dit sommer as Kersboom!
Kersfeesballetjies
Gebruik polistireenballetjies wat by bloemiste beskikbaar is en draai hulle in jou gunsteling- materiaal toe. Hang dit aan die Kersboom se takke.
Doilies
Gebruik papierdoilies vir vlaggies. Dit is feestelik en goedkoop.